Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Aussie mor oor Kiwi’s se ‘baasspelery’

’n Ringkop van Australiese rugby het mond uitgespoel oor Nieu-Seelandse rugbybase wat die voorwaardes van ’n moontlike Superreeks tussen spanne van die twee lande volgens hom wil dikteer.

Die Crusaders, een van die Nieu-Seelandse Superspanne, die afgelope week by ’n oefensessie in Christchurch. Foto: Getty Images

Daar heers nog onsekerheid oor die voortbestaan van die Superrugby-reeks nadat dit in Maart weens die Covid-19-pandemie op ys gesit is. Samesprekinge word tans gevoer oor hoe die reeks in die toekoms daar kan uitsien.

Australië sowel as Nieu-Seeland het intussen met ’n plaaslike reeks begin waarin hul Superrugbyspanne in aksie is.

Een van die opsies wat tans ondersoek word, is ’n kompetisie tussen spanne van dié twee lande – iets wat Hamish McLennan, voorsitter van Rugby Australië, se bloeddruk opjaag. Die kwessie is onenigheid oor hoeveel spanne van elk van die lande in die voorgestelde kompetisie moet speel, met die Aussies wat klaarblyklik aan die korste end gaan trek

“Ek hou van Nieu-Seeland en sy mense en ons het sterk kulturele bande en ’n groot rugby-erfenis, maar op die oomblik voel dit ’n bietjie soos ’n situasie van ’n meester teenoor ’n dienskneg,” sê McLennan.

Ek hou van Nieu-Seeland en sy mense en ons het sterk kulturele bande en ’n groot rugby-erfenis, maar op die oomblik voel dit ’n bietjie soos ’n situasie van ’n meester teenoor ’n dienskneg.
Hamish McLennan

“As ons bou met die oog op die Wêreldbeker en Australiese rugby wil herbou, is dit belangrik dat die grootste hoeveelheid van ons spanne daarin speel.”

Australië het sedert 2018 vier spanne in die Superreeks gehad, maar het die Western Force wat in 2017 uitgeskop is, by die land se plaaslike AU-reeks ingesluit. Al vyf die Kiwi’s se Superspanne is in die Aotearoa-reeks in aksie. McLennan sê hulle wil sien dat die Force by ’n moontlike reeks tussen die Aussies en Nieu-Seelanders se spanne ingesluit word, sodat dit uit tien spanne bestaan.

In Nieu-Seeland word daar egter berig dat dié land se rugbyringkoppe slegs twee of drie Australiese spanne by so ’n reeks wil insluit.

“Van wat ek gehoor het, is die Superrugbyspanne van albei lande in gesprek en ek verneem hulle soek ’n ‘Tasmaanse kompetisie’,” sê McLennan.

“Ons is ’n land met ’n baie groter bevolking van 25 miljoen en ook ’n groter ekonomie en dit sal baie hartseer wees as Nieu-Seeland dit nie besef nie.” – Reuters

Meer oor:  Superrugby  |  Nieu-Seeland  |  Covid-19  |  Australië  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.