Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Aussies se rugbyreeks ’n ‘gaapfees’

Die Western Force se terugkeer en etlike reëlveranderings was veronderstel om Australië se plaaslike rugbykompetisie ’n skouspel vir dié land se uitgehongerde aanhangers te maak, maar ná twee rondes het dit onder kritici se tonge deurgeloop en is dit as ’n saai affêre bestempel.

Die Reds se Harry Wilson het dit dalk geniet, maar TV-kykers was nie gaande oor hul onlangse wedstryd teen die Waratahs nie. Foto: Getty Images

Nadat die Reds die Waratahs in die eerste ronde in ’n getjommel met baie foute geklop het, het hulle Vrydag met 18-18 elk gelykop gespeel teen die Melbourne Rebels in Sydney. Die standaard van die rugby is skerp deur waarnemers in die media gekritiseer.

Dit het die kommentator Greg Clark ingesluit, wat vir Fox Sports, die houer van die TV-uitsaairegte vir die toernooi, werk.

Dié wedstryd was die eerste met die “gouepunt-reël” – waar die span wat eerste punte aanteken in bykomende speeltyd – die wedstryd wen. Nie een van die spanne kon egter die geleentheid aangryp en punte aanteken nie.

“Dit was ’n geval van albei spanne wat nie wil verloor nie. As ’n gelykopstryd is soos om jou suster te soen, is ’n gelykopstryd ná bykomende tyd waarskynlik soos om haar oopmond te soen. Dis baie erger,” het die Rebels se losskakel Matt To’omua dit opgesom.

Vir ondersteuners van die Force was hul terugkeer – drie jaar nadat hulle uit die reeks geskop is – ’n emosionele oomblik. Die teleurstelling was egter groot nadat hulle met 14-23 teen die Waratahs verloor het.

Dit was nóg ’n wedstryd wat nie vergelyk kon word met die standaarde wat die Nieu-Seelandse spanne in hul Aotearoa-reeks stel nie. Ondersteuners daag in groot getalle op om te kyk hoe die Kiwi’s onder mekaar speel.

Onder Australiese kykers was daar ook nie groot belangstelling nie en dít wys hoe moeilik dit vir Rugby Australië by die onderhandelingstafel gaan wees wanneer daar oor uitsaairegte ná 2020 gepraat word.

Vir die wedstryd tussen die Reds en Waratahs was daar slegs ’n kwart van die hoeveelheid kykers wat op dieselfde naweek rugbyliga en Aussie Rules-wedstryde gekyk het.

“Ons wil hê dat TV-base vermaak moet word ... so daar’s ’n kans dat Superrugby ’n toekoms het. Ongelukkig help die eentonige rugby in Superrugby AU glad nie,” skryf The Australian se Wally Mason. – Reuters

Meer oor:  Superrugby Au  |  Western Force
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.