Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Barrett laat Blues met langverlof wag
Beauden Barrett verlede week by Nieu-Seeland Rugby se toekenningsaand in Auckland. Foto: Getty Images

Die Blues se groot aanwins vir volgende jaar, die All Black-ster Beauden Barrett, sal eers in April sy debuut vir die Aucklandse span in die Superrugby-reeks maak.

Barrett, wat hom van die Hurricanes by die Blues aansluit, het besluit om ’n klousule in sy kontrak uit te oefen wat hom toelaat om langverlof te neem.

Barrett, wat op losskakel en heelagter vir die All Blacks diens doen, het volgens Leon MacDonald, hoofafrigter van die Blues, van dié span se voorseisoense oefeninge bygewoon, maar sal nie voor die middel van April in aksie wees nie.

Ons is gelukkig, hy is gelukkig en dit verskil nie veel van ’n speler wat weens ’n besering eers later in die seisoen begin speel nie.
Leon MacDonald

Ingevolge Barrett se vierjaarkontrak met die Blues, word hy nie net langverlof gegun nie, maar kan hy in dié tydperk ook ’n korttermynkontrak met ’n Japannese klubspan sluit.

Vir die Blues, wat al jare lank sukkel om hul gloriedae van die 1990’s en vroeë 2000’s te laat herleef, is dié verwikkeling nie ideaal nie, maar MacDonald is heel filosofies daaroor.

“Ons is gelukkig, hy is gelukkig en dit verskil nie veel van ’n speler wat weens ’n besering eers later in die seisoen begin speel nie,” het MacDonald volgens stuff.co.nz gesê.

Die 28-jarige Barrett se eerste wedstryd vir die Blues kan moontlik die een teen sy ou spanmaats van die Hurricanes op 11 April in Auckland wees.

MacDonald het ook aangedui dat die All Black-vleuel Rieko Ioane volgende jaar op buitesenter oorweeg gaan word. – TeamTalk

Meer oor:  Beauden Barrett  |  Nieu-Seeland  |  Auckland  |  Losskakel  |  Rugby  |  Superrugby  |  All Black  |  Blues
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.