Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
BBM hoop buurstryd lok duisende

Was jy al op Loftus as dit vol is en dit rof is . . . en die Bulle en die Leeus mekaar om ’n uitspeelplek in die Superreeks aandurf?

Die Springbok-losskakel Handré Pollard speel Saterdag ’n laaste keer in ’n Bulle-trui op Loftus Versfeld.Foto: Gallo Images

Hoewel die dae van volgepakte stadions deesdae ’n skaarste is in Suid-Afrikaanse rugby, is die Blou Bulle Maatskappy (BBM) hoopvol dat daar Saterdag ’n stewige skare deur Loftus se hekke sal stroom vir dié buurstryd.

’n Plek in die kwarteindronde van dié kompetisie is op die spel.

Die spanne sal – wanneer die wedstryd om 17:15 begin – presies weet wat hulle te doen staan om onder die voorste agt spanne op die algehele puntelys te eindig.

Alfons Meyer, die BBM se uitvoerende hoof, sê hulle hoop op ’n skare van minstens 25 000 mense.

“Die skole sluit ongelukkig die week en dit is ’n langnaweek, maar dit is ’n groot wedstryd vir albei spanne.

“Ek doen graag ’n beroep op die ondersteuners van die Bulle en die Leeus om Loftus toe te kom.

“Ons vaar goed (vir ’n opkoms van 25 000 mense) en enigiets meer sal ’n bonus wees. Dit is lekker dat daar vir albei spanne iets op die spel is en dit beloof om ’n titaniese stryd te wees,” sê Meyer.

Die BBM het die kaartjies op die oospawiljoen se pryse na R50 verlaag.

Sowat 23 500 mense het die Bulle se vorige wedstryd in die reeks, teen die Crusaders, bygewoon.

Hoewel die wedstryde teen die Reds, Waratahs en die Jaguares nie een meer as 10 000 ondersteuners gelok het nie, het die plaaslike derbies teen die Stormers (25 267) en die Haaie (25 816) vanjaar se bywoningsyfer ’n goeie hupstoot gegee.

“Ons het in die stadium die beste toeskouersyfer (in Superrugby) in ses jaar, wat bemoedigend is. Dit sal ongelooflik wees as daar ’n goeie skare is wat die span tot in die uitspeelronde help.

“Dit beteken baie vir die spelers.”

Daar is ’n groot gros Bulle wat Saterdag afskeid neem op Loftus.

Die Bulle-kaptein, Handré Pollard, sal ná sewe jaar in Pretoria sy loopbaan later vanjaar by Montpellier in Frankryk voortsit.

Meer oor:  Leeus  |  Bulle  |  Superrugby-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.