Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Beale stof sy nr. 10-Waratahstrui af

Die veelsydige Kurtley Beale sal Saterdag die eerste keer in vier jaar ’n Superrugby-wedstryd op losskakel vir die Waratahs begin.

Kurtley Beale het verlede week op die oefenveld nie te gespanne gelyk oor die vooruitsig om die komende naweek teen die Crusaders te speel nie. Foto: Getty Images

Die Waratahs sal hul Super-veldtog met ’n moeilike wegwedstryd teen die verdedigende kampioenspan, die Crusaders, begin.

Hoewel die jong Will Harrison in die meeste van die Waratahs se oefenwedstryde die nr. 10-trui gedra het, het die Nieu-Suid-Walliesers se aanvalsafrigter, Chris Whitaker, bevestig dat hulle hom nie te vroeg aan te veel druk wil blootstel nie.

“Hy’s soos baie van ons spelers die toekoms van rugby, maar jy moet ’n balans vind in hoe jy hom inspan. As jy hom te gou in ’n groot wedstryd laat speel, kan dit sy ontwikkeling strem.”

Ofskoon Beale lanklaas die nr. 10-trui gedra het, het hy van tyd tot tyd ook in daardie posisie vir die Wallabies diens gedoen. Hy word egter meer gebruiklik op senter of heelagter ingespan.

Hoewel die Crusaders sedert 2016 onoorwonne is in tuiswedstryde, sal die Waratahs ’n bietjie hoop put uit die feit dat hul wedstryd in Nelson plaasvind en nie in die Crusaders se ondeurdringbare fort in Christchurch nie. – TeamTalk

Meer oor:  Superrugby  |  Kurtley Beale  |  Waratahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.