Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Beast gee Haaie byt teen Stormers

Die mees ervare Springbok-stut tot nog toe, Beast Mtawarira, is terug om die Haaie ’n bietjie meer byt te gee vir Saterdag se deurslaggewende Superrugby-stryd teen die Stormers op Nuweland.

Tendai Mtawarira vandeesweek terug op die oefenveld in Durban. Foto: Gallo Images

Hy vervang vir Mzamo Majola, terwyl Ruben van Heerden as slot inkom vir die beseerde Ruan Botha.

In die enigste skuif aan die agterlyn neem Aphelele Fassi as heelagter oor by die beseerde Curwin Bosch.

Cullen Collopy is die nuwe plaasvervanger-haker in die plek van Craig Burden, wat ook beseer is.

Gideon Koegelenberg, Cameron Wright en Rhyno Smith is ook almal nuwe gesigte op die plaasvervangersbank.

* Haaie: Aphelele Fassi, Sbu Nkosi, Lukhanyo Am, André Esterhuizen, Makazole Mapimpi, Robert du Preez, Louis Schreuder (k), Daniel du Preez, Tyler Paul, Jacques Vermeulen, Hyron Andrews, Ruben van Heerden, Coenie Oosthuizen, Kerron van Vuuren, Tendai Mtawarira. PLAASVERVANGERS: Cullen Collopy, Mzamo Majola, Thomas du Toit, Gideon Koegelenberg, Luke Stringer, Cameron Wright, Jeremy Ward, Rhyno Smith.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Haaie  |  Stormers  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.