Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Beauden Barrett op pad na die Blues
Beauden Barrett sal voortaan sy Superrugby vir die Blues speel. Foto: Getty Images

Die ster-losskakel Beauden Barrett het Vrydag sy kontrak met die All Blacks tot aan die einde van die Wêreldbekertoernooi in 2023 verleng en sal voortaan vir die Blues in die Superrugbyreeks uitdraf.

Rugby365 berig Barrett (28), twee keer Wêreldrugby se Speler van die Jaar, sal ná afloop van vanjaar se Wêreldbekertoernooi ’n verlengde blaaskans kry met die opsie om vir ’n wyle klubrugby in Japan te speel.

Barrett ruil in 2020 die Hurricanes vir die Blues, maar sal min of meer helfte van die Super-seisoen misloop weens sy sabbatsverlof.

Hy sê hy sien uit daarna om by die Auckland-span aan te sluit, al het die Blues vanjaar weer onderaan die Nieu-Seelandse groep geëindig.

“Hulle is ’n span aan die verbeter, ek hou van die wyse waarop hulle speel en ek sien uit om daarvan deel te word,” sê hy.

Die Blues het die laaste van hul drie Super-titels in 2003 gewen en kon sedert 2011 nie die uitkloprondes van die reeks haal nie.

Die Blues, wie se eerste poging om Barrett na Auckland te lok in 2013 misluk het, se grootbaas, Michael Redman, beskryf die spelskepper se skuif as “die invloedrykste in Superrugby-geskiedenis”.

– Sportredaksie

Meer oor:  Blues  |  Beauden Barrett  |  Toetsrugby  |  Superrugby  |  All Blacks  |  Hurricanes  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.