Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Beauden nie in hoofstad om Bulle te treiter

Daar is groot afwagting in Blues-geledere oor die impak wat die All Black-maestro Beauden Barrett vir dié span in die Superreeks kan hê.

Rieko Ioane (links) het saam met die Blues na Suid-Afrika gevlieg, maar Beauden Barrett sal eers later in die Superreeks sy buiging vir die span van Auckland maak. Foto: Getty Images

Gelukkig vir die Bulle hoef hulle nie dié week planne te beraam om Barrett in toom te hou nie.

Dié losskakel het nie saam met die Blues op die vliegtuig geklim vir Saterdag se wedstryd teen die Bulle op Loftus Versfeld nie.

Die aanduiding is dat Barrett eers iewers in April van sy nasionale sabbatsverlof sal terugkeer.

Daar was wel goeie nuus vir die Blues-breier, Leon MacDonald, met die All Black-vleuel Rieko Ioane wat van sy besering herstel het en vir die span se toerwedstryde teen die Bulle en die Stormers oorweeg kan word.

Sy broer, die agtsteman Akira, ry egter met Jan Tuisbly se kar.

MacDonald het aan blues.rugby gesê hy het net plek gehad vir een spesialis-agtsteman in sy groep van 27 en Hoskins Sotutu se indrukwekkende peil het die skaal in sy guns geswaai.

“Dit bied Akira die geleentheid om sy voorbereiding by die huis te doen. Ons gaan sy vars bene nodig hê wanneer ons oor drie weke teen die Hurricanes speel.”

MacDonald sal sy lostrio uit Sotutu, Blake Gibson, Tom Robinson, Tony Lamborn en Dalton Papalii kies.

Dit sal twee desperate spanne wees wat mekaar Saterdagmiddag laat op Loftus aandurf.

Die Blues kon net een van hul eerste drie wedstryde wen.

Die Bulle het ná twee wegnederlae nog nie ’n enkele ligapunt nie en kon boonop ook nie ’n drie druk teen die Haaie of die Stormers nie.

Daar is groot kommer by Loftus oor die span se gebrekkige slaankrag en voorspelbaarheid op die aanval.

Pote Human het verlede week die hoop uitgespreek dat tuisveldvoordeel sal help om die Bulle op die wenpad te kry.

Die Bulle het egter verlede seisoen teen die Chiefs en die Jaguares op Loftus slae gekry.

In Nieu-Seelandse rugbykringe word daar voorspel dat die Blues weer vanjaar die swakste van die Kiwi-spanne in die kompetisie kan wees. Hulle het reeds vanjaar pak gekry by die Crusaders en Chiefs.

Die Blues-toergroep is:

Agterspelers: Jonathan Ruru, Sam Nock, Stephen Perofeta, Otere Black, Harry Plummer, TJ Faiane, Joe Marchant, Rieko Ioane, Mark Telea, Jordan Hyland, Emoni Narawa, Matt Duffie.

Voorspelers: James Parsons, Kurt Eklund, Marcel Renata, Karl Tu’inukuafe, Ofa Tuungafasi, Ezekiel Lindenmuth, Sione Mafileo, Patrick Tuipulotu (k), Jacob Pierce, Aaron Carroll, Tom Robinson, Dalton Papalii, Blake Gibson, Tony Lamborn, Hoskins Sotutu.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Pretoria  |  Loftus  |  Blues  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.