Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Libbok op losskakel vir Bulle
Manie Libbok is die Bulle se nuwe losskakel vir Saterdag se Superrugby-ontmoeting met die Jaguares in Buenos Aires. Foto: Gallo Images

Die talentvolle Manie Libbok op losskakel en Trevor Nyakane dra weer die nr. 1-trui.

Dít is die grootste nuus uit Buenos Aires met John Mitchell, hoofafrigter van die Bulle, wat drie veranderings en drie posisionele skuiwe aan sy span gemaak het vir Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Jaguares.

Dit is die 20-jarige Libbok se eerste kans in die Bulle se beginspan op dié vlak.

Hy neem op losskakel oor by Handré Pollard, wat op sy beurt na binnesenter skuif in die beseerde kaptein, Burger Odendaal, se plek.

Hy neem op losskakel oor by Handré Pollard, wat op sy beurt na binnesenter skuif in die beseerde kaptein, Burger Odendaal, se plek.

Libbok was in die begin van die jaar die Bulle se opdraf-losskakel toe hulle in Pretoria teen die Jaguares opgewarm het vir die reeks.

Die feit dat hy daardie dag sy vuurdoop teen die gesoute Poema-generaal Nicolás Sánchez met onderskeiding geslaag het, sou Mitchell se besluit vergemaklik het.

Die Bulle se lostrio word geskommel met Jason Jenkins wat by Lood de Jager (geskeurde borsspier) oorvat om langs RG Snyman in die skrums te sak.

Thembelani Bholi

Thembelani Bholi is terug in die beginspan en sal saam met Marco van Staden en Roelof Smit as lostrio kombineer.

Met die nood wat druk aan die loskopkant, is die ervare Nyakane in sy ou posisie ontplooi, terwyl Conraad van Vuuren die nuwe vaskop is.

Die groep het eers Woensdag na Suid-Amerika gevlieg.

Mitchell sê hulle het besluit om die eerste twee dae van die week in Pretoria voor te berei.

“Ons wou dit vermy om vir lank rukke in die bus te sit tussen die hotel en die oefenveld. Ek glo dit is die regte besluit.”

Hy sê die Jaguares speel met groter afwisseling op die aanval as die Haaie en sy span gaan slimmer moet wees op die verdediging.

“Die Jaguares speel baie vlak (op die voordeellyn) en hulle hou daarvan om met ’n paar spelers in dieselfde kanaal aan te val.

“Sánchez en hulle agterste drie is takties knap en hul speel duidelik met baie selfvertroue.”

Dit blyk ook of dissipline nie meer die Argentyne se groot struikelblok is nie.

Hulle is in Februarie in die eerste twee rondes met drie geelkaarte gestraf, maar het sedertdien net een gele gekry.

Die Bulle daarenteen, het al ses geelkaarte op die lyf geloop.

Hulle teenstanders op hul toer in Australasië het ook nie regtig teen hulle gerolmaal nie en ek beskou dit as ’n geleentheid vir ons.
John Mitchell

Mitchell meen die Jaguares staan nietemin baie strafskoppe af en hul dissipline sal getoets word onder druk.

“Hulle teenstanders op hul toer in Australasië het ook nie regtig teen hulle gerolmaal nie en ek beskou dit as ’n geleentheid vir ons.”

Mitchell sal hoopvol wees dat De Jager, wat voor sy besering die meeste lynstaanbesit in die kompetisie verseker het, se leemte nie te veel ontwrigting skep nie.

Bulle:
Warrick Gelant, Travis Ismaiel, Jesse Kriel, Handré Pollard (k), Johnny Kotze, Manie Libbok, Ivan van Zyl, Marco van Staden, Thembelani Bholi, Roelof Smit, Jason Jenkins, RG Snyman, Conraad van Vuuren, Adriaan Strauss, Trevor Nyakane. PLAASVERVANGERS: Jaco Visagie, Frans van Wyk, Mox Mxoli, Hendré Stassen, Nic de Jager, André Warner, JT Jackson, Divan Rossouw.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Manie Libbok  |  John Mitchell  |  Buenos Aires  |  Bulle  |  Superrugby  |  Toer  |  Losskakel  |  Jaguares  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.