Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Beseringspook plettervat beleërde Bulle

Die Bulle het druipstert en vol skete in Suid-Afrika aangekom nadat die Covid-19-virus hulle Superrugbytoer in Australië voortydig kortgeknip het.

Burger Odendaal, die span se kaptein, en die ervare vleuel Cornal Hendricks, is albei vir minstens vier weke buite aksie.

Lizo Gqoboka, Springbok-stut van die Bulle, het Saterdag harsingskudding opgedoen in Brisbane. Foto: Gallo Images

Odendaal sou Saterdag in Brisbane sy terugkeer teen die Reds gemaak het, maar die enkelbesering waarmee hy onlangs gesukkel het, het in die laaste oefensessie voor die wedstryd opgevlam.

Hendricks het in dieselfde oefening ’n knie beseer.

Almal in die toergroep is Maandag met hul aankoms vir die koronavirus getoets en Hendricks sal, afhangend van die uitslae, later die week ’n skandering ondergaan om die omvang van sy besering te bepaal.

Twee manne in die agttal – Lizo Gqoboka en Josh Strauss – het harsingskudding teen die Reds opgedoen.

Gqoboka het die veld reeds in die tweede minuut verlaat.

Dit is nie waar die span se beseringslys eindig nie.

Die belowende agtsteman Muller Uys het sy skouer seergemaak.

Almal in die toergroep – spelers en afrigters – sal tot 30 Maart in self-isolasie wees.

Die beheerliggaam Sanzaar sal hopelik teen daardie tyd aangedui het of die kompetisie hervat sal word.

Pote Human, die hoofafrigter, het agterna gesê dit bekommer hom dat die spelers aan die einde boedel oorgegee het.

Daar sal binnekort nabetragting gehou word van ’n teleurstellende veldtog wat sover net een oorwinning uit ses probeerslae vir die Bulle opgelewer het.

Die span se vertoning in die tweede helfte Saterdag, toe die Reds 41 onbeantwoorde punte opgestapel het, het die gevaarligte laat flikker.

Pote Human, die hoofafrigter, het agterna gesê dit bekommer hom dat die spelers aan die einde boedel oorgegee het.

Wegwedstryde in Australasië teen die Waratahs, Hurricanes en die Chiefs het nog op die toer op die Bulle gewag.

Afgesien van die jongste ongevalle, is daar verskeie ander beseerdes soos Nafi Tuitavake (knie), Dylan Sage (enkel), Simphiwe Matanzima (skouer), Tim Agaba (nek) en Johan Grobbelaar (enkel) by Loftus Versfeld op die krukkelys.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Pote Human  |  Koronavirus  |  Burger Odendaal  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.