Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Blose maak Stormers-buiging
Kwenzo Blose oefen Donderdag op Nuweland. Hy gaan sy Superrugby-debuut Saterdag vir die Stormers teen die Blues maak.Foto: Gallo Images

Die Stormers gaan Kwenzo Blose, ’n groentjie op loskopstut, in die veld stoot in Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Blues op Nuweland.

Blose (22) gaan weens Ali Vermaak se skouerbesering sy Stormers-buiging van die plaasvervangersbank af maak. Met dié dat druk in die skrums oor 80 minute ’n belangrike komponent van die Kapenaars se wedstrydplan is, sal Blose nie ’n geringe rol speel nie.

John Dobson, die Stormers se afrigter, het elders in die agttal sy kaarte geskommel. Chris van Zyl is bo Salmaan Moerat as nr. 4-slot verkies, terwyl Wilco Louw vir Frans Malherbe op vaskopstut vervang.

Salmaan kon meeste van die week nie oefen nie. Hy sukkel met ’n paar klein beserings.
John Dobson

“Salmaan kon meeste van die week nie oefen nie. Hy sukkel met ’n paar klein beserings. Hy is ook een van die voorspelers wat tot nou die meeste gespeel het in die reeks. Dis ’n geval van rotasie,” sê Dobson.

Rotasie was ook die denkrigting agter die keuse van Louw.

Die Stormers-span is:
 Dillyn Leyds, Sergeal Petersen, Ruhan Nel, Jamie Roberts, Seabelo Senatla, Damian Willemse, Herschel Jantjies, Juarno Augustus, Pieter-Steph du Toit, Jaco Coetzee, JD Schickerling, Chris van Zyl, Wilco Louw, Scarra Ntubeni, Steven Kitshoff (k). PLAASVERVANGERS: Chad Solomon, Kwenzo Blose, Frans Malherbe, Salmaan Moerat, Cobus Wiese, Ernst van Rhyn, Godlen Masimla, Jean-Luc du Plessis.

Meer oor:  John Dobson  |  Kaapstad  |  Nuweland  |  Rugby  |  Stormers  |  Superrugby  |  Debuut  |  Blues
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.