Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Bok-skrummie terug op Stormers-pos

Herschel Jantjies en Jaco Coetzee het hul skete afgeskud en is terug in die Stormers se span vir Saterdag se Superrugby-wedstryd teen die Jaguares op Nuweland.

Herschel Jantjies Donderdag gedurende ’n Stormers-oefening op Nuweland. Foto: Gallo Images

Jantjies, wat verlede naweek se wedstryd teen die Leeus met ’n skouerbesering misgeloop het, vervang vir Godlen Masimla op skrumskakel. Coetzee is weer beskikbaar nadat hy verlede week weens harsingskudding nie kon speel nie en vervang vir Johan du Toit.

John Dobson, die Stormers se afrigter, het ook besluit om vir JD Schickerling bo Chris van Zyl op slot te kies. Schickerling het verlede naweek teen die Leeus sy terugkeer van ’n besering gemaak en is die Stormers se voorkeur-hemelbesem vir die nr. 5-trui.

“Ons almal weet tot waartoe JD in staat is. Hoe gouer hy sy terugkeer tot die beginspan maak, hoe beter. Hy het verlede naweek met sy terugkeer 25 minute gespeel en begin nou,” sê Dobson.

In die enigste ander verandering aan die beginspan vervang Frans Malherbe vir Wilco Louw as vaskopstut. Louw sal sy 50ste wedstryd vir die Stormers speel indien hy in die tweede helfte opgestuur word.

Die Stormers-span is: Dillyn Leyds, Sergeal Petersen, Ruhan Nel, Jamie Roberts, Seabelo Senatla, Damian Willemse, Herschel Jantjies, Juarno Augustus, Pieter-Steph du Toit, Jaco Coetzee, JD Schickerling, Salmaan Moerat, Frans Malherbe, Scarra Ntubeni, Steven Kitshoff (k). PLAASVERVANGERS: Chad Solomon, Ali Vermaak, Wilco Louw, Chris van Zyl, Johan du Toit, Ernst van Rhyn, Godlen Masimla, Jean-Luc du Plessis.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Stormers  |  Superrugby  |  Jaguares
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.