Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Bokheld Am lei Haaie in Superreeks

Die Springbok-buitesenter Lukhanyo Am sal vanjaar voor draf vir die Haaie in die Superrugby-reeks.

Die KwaZulu-Natallers het Dinsdag aangekondig dat die 26-jarige Am, wat nou as ’n senior speler in hul geledere geag word, met die kapteinskap vir 2020 toevertrou sal word.

Lukhanyo Am sal vanjaar die Haaie op die veld lei in die Superrugby-reeks. Foto: Gallo Images

Am was ’n belangrike lid van die Springbok-span, wat die Wêreldbeker verlede jaar in Japan verower het en het ’n groot hand gehad in die eerste drie wat die Bokke in ’n WB-eindstryd gedruk het.

Dié senter, wat sy loopbaan by Grens begin voordat hy by die Southern Kings groot indruk gemaak en eindelik sak en pak Durban toe is, kon skaars sy opgewondenheid wegsteek.

“Dit is ’n groot eer en ’n voorreg om gekies te word om hierdie span van broers te lei,” het Am gesê.

“Ons het ’n opwindende groep spelers en bestuurspan, wat gretig is om hulle stempel af te druk en te sien hoe ons as ’n groep kan groei.

“Ons sal almal ’n positiewe ingesteldheid hê en seker maak die span kom altyd eerste.”

Am was Sondag in sy span se Superheld-stryd teen die Stormers een van die uitblinkers en het selfs met ’n goeie skoppie vir Makazole Mapimpi weggestuur vir ’n drie.

In die WB-eindstryd teen Engeland was dit Am wat ’n skoppie deur Mapimpi bemeester en toe met ’n nonchalante aangee oor sy skouer dié vleuel weggestuur het vir die Bokke se eerste drie.

Sean Everitt, die Haaie se breier, glo dat die feit dat Am die Springbokke gehelp het om die 2019 WB-toernooi te verower, deurslaggewend sal wees wanneer hy die span lei.

Die Haaie hoop Am se kalm, ewewigtige persoonlikheid sal ’n groot bate in die drukkoker van Superrugby wees.

“Lukhanyo bring ’n wenkultuur Haaie toe. Hy het ’n enorme teenwoordigheid in die span en is ’n briljante rugbyspeler,” het Everitt gesê.

“Ek respekteer sy toewyding en ek het geen twyfel nie dat sy kapteinskap sal help om die jong spelers te inspireer om hul beste te gee.”

Die skrumskakel Louis Schreuder, wat ook al die Haaie gelei het, sal help om die spel op die veld te bestuur, terwyl André Esterhuizen ondersteuning op die verdediging sal bied.

“Vanuit ’n voorspeler-perspektief sal Thomas du Toit (die Springbok-stut) help met terugvoering in die vaste fasette,” het Everitt bygevoeg.

Buiten sy nuwe kaptein, het Everitt ook sy groep van 45 spelers bekend gemaak, wat vanjaar die Haaie se Superrugby-veldtog ’n sukses sal moet probeer maak.

Die Haaie se groep is:

Voorspelers: Andisa Ntsila, Celimpilo Gumede, Craig Burden, Dylan Richardson, Emile van Heerden, Evan Roos, Fezokuhle Mbatha, Henco Venter, Hyron Andrews, James Venter, JJ van der Mescht, John-Hubert Meyer, Jordan Sesink-Clee, Juan Schoeman, Kerron van Vuuren, Khutha Mchunu, Le Roux Roets, Lubabalo (Tera) Mtembu, Michael Kumbirai, Mzamo Majola, Ox Nche, Phendulani (Phepsi) Buthelezi, Ruben van Heerden, Sikhumbuzo Notshe, Thomas du Toit, Tyler Paul.

Agterspelers: André Esterhuizen, Aphelele Fassi, Cameron Wright, Curwin Bosch, Grant Williams, Henry (Boeta) Chamberlain, Jeremy Ward, Jordan Chait, JP Pietersen, Louis Schreuder, Lukhanyo Am (k), Lwazi Mvovo, Madosh Tambwe, Makazole Mapimpi, Marius Louw, Murray Koster, Sanele Nohamba, Sbu Nkosi, Thaakir Abrahams.

Meer oor:  Haaie  |  Lukhanyo Am  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.