Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Bosch op Haaie se (lang) krukkelys

Die Haaie ruk Saterdag op na Kaapstad vir hul beslissende Super-rugbywedstryd teen die Stormers sonder die jong ster in hul agterlyn, Curwin Bosch.

Die Haaie sal die naweek teen die Stormers op Nuweland sonder die staatmaker-losskakel Curwin Bosch moet klaarkom. Foto: Gallo Images

Die enkelbesering wat hy teen die Jaguares in Buenos Aires opgedoen het, het nie genoegsaam herstel dat hy Saterdag sal kan speel nie.

Hoewel die skandering wat vandeesweek gedoen is nog nie ’n uitslag opgelewer het nie, is die besering sodanig dat hy gewis nie sal kan speel nie.

Bosch is een van ’n lang lys spelers wat nie die Stormers sal kan pak nie.

Die plaasvervanger-haker Craig Burden, wat net enkele minute teen die einde van die wedstryd teen die Jaguares gespeel het, het sy dyspier sodanig beseer dat hy ook nie oorweeg kan word nie.

Dieselfde geld die slot Ruan Botha, wat met ’n senuwee in sy voet sukkel. Sou die Haaie wel die uitspeelrondes haal, sal hy dié ook misloop.

Die losvoorspelers Jean-Luc du Preez (linkerknie) en Philip van der Walt, sal ook nie op die afrigter, Robert du Preez, se spanlys kan wees nie.

Die haker Akker van der Merwe is steeds op die krukkelys en dus nie beskikbaar vir die belangrike derby nie.

Te midde van al hierdie slegte nuus is daar darem vir die Haaie ’n bietjie sonskyn dat hul Springbok-loskopstut Beast Mtawarira saam met die span oefen en sy terugkeer ná ’n afwesigheid van meer as ses weke kan maak.

Die skrumskakel Cameron Wright is ook weer terug en gereed vir aksie.

Die verwagting is dat die afrigter se seun, Robert, weer die losskakel sal wees teen sy eertydse span en dat Aphalele Fassi die laaste vesting in Bosch se afwesigheid sal beman.

Die afrigter sou die media Woensdag toegespreek het, maar daar het niks van gekom nie.

Die span se skop- en verdedigingsafrigter, Braam van Straaten, sê die Stormers se verdediging en dissipline is van hul sterkpunte en dat die Haaie teenvoeters daarvoor sal moet vind.

Hy erken die Haaie se vermoë om besit te behou teen die Jaguares was glad nie goed nie en dat hul taktiese skopwerk ook veel te wense oorgelaat het.

Meer oor:  Curwin Bosch  |  Haaie  |  Superrugby-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.