Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Bouproses geen verskoning, sê Ivan
Ivan van Rooyen. Foto: Gallo Images

Die Leeus se afrigter, Ivan van Rooyen, sê die feit dat sy span in ’n bouproses is, kan nie deur die bank as ’n verskoning vir hul swak spel gebruik word nie.

Van Rooyen moes Vrydag vir die vierde keer in vyf wedstryde magteloos in die pawiljoen sit en kyk hoe sy Leeus-span hulself met swak besluitneming en uitvoering tot ’n nederlaag verdoem. 

Dis net hul enkele sege oor die Reds, gekombineer met die Bulle se gesukkel, wat hulle van die houtlepel-posisie in die Suid-Afrikaanse konferensie spaar.

“Swak besluitneming onder druk het ons duur te staan gekom,” het Van Rooyen ná Vrydag se nederlaag teen die Waratahs erken.

“Ons sal baie vinnig moet leer om die regte besluite op die regte tyd te neem. Die Waratahs het die ruimte aan die buitekante goed raakgesien en dit doeltreffend benut. Hulle het met veel meer gemak oor die voordeellyn gekom as ons en hul uitvoering was goed.”

Dit sou Van Rooyen se bui ook nie gelig het nie om die flank Vincent Tshituka weens ’n enkelbesering terug na Suid-Afrika te sien vlieg nie. 

Ruan Vermaak

Ruan Vermaak het hom reeds Sondag by die span aangesluit, maar Tshituka se vertrek bly ’n ontwrigting.

’n Kuitbesering wat Roelof Smit in ’n oefening by die huis opgedoen het, het verhoed dat hy Melbourne toe gaan om by die groep aan te sluit. Vermaak is ’n jong, maar veelsydige speler wat enigiets van slot tot enige posisie onder die losvoorspelers kan speel.

Die Leeus speel Saterdag teen die Rebels, wat ’n goeie sege in Dunedin oor die Highlanders behaal het en dus stert in die lug sal wees in hierdie kragmeting.

“Dit gaan ’n lekker uitdaging vir ons wees,” sê Van Rooyen.

Hy het ook sy mening gelug oor skeidsregters wat wedstryde hanteer van hul eie land se spanne.

“Ons poog om saam met die skeidsregters te werk en nie teen hulle nie,” sê hy.

“Uiteraard gaan afrigters emosioneel raak as hulle met ’n minuut of twee oor beslissings teen hulle gaan kry wat hulle die wedstryd kos. Ons het egter geen probleem om met skeidsregters te doene te kry van dieselfde land as ons teenstanders nie. Ek voel die spelers moet in staat wees om aan te pas.”

Saterdag het die Haaie juis te doene gehad met Brendon Pickerill as blaser in hul sege oor die Reds in Brisbane en soms is die idee gewek in die wyse waarop hy die wedstryd hanteer het dat dié blaser net sowel ’n Reds-trui kon aangehad het.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Ivan Van Rooyen  |  Besering  |  Leeus  |  Flank  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.