Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Bridge: Van meubels dra tot drieëvraat

Gaan die Super-eindstryd Saterdagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) teen die Crusaders ’n te taai een vir die Leeus wees?

Iemand wat dalk ’n aandeel daarin kan hê, sou die Leeus weer oor hierdie laaste hekkie struikel, is die Crusaders-vleuel George Bridge.

George Bridge het die afgelope twee jaar die drieë vir die Crusaders op vleuel ingeryg. Foto: Getty Images

Enige jong rugbyspeler wat voel hy word oor die hoof gesien al is hy goed genoeg, kan inspirasie put uit die 23-jarige Bridge se verhaal.

Hierdie voorste driedrukker van die Crusaders (hy het reeds 15 drieë in vanjaar se Superreeks gedruk) is op skool ook nie deur die keurders raakgesien nie en is gevolglik nie die weg na rugby-sukses gebied met groot beurse by akademies nie.

Bridge het in Gisborne grootgeword en was op skool in Hawke’s Bay.

“Ek het nie na rugby as ’n loopbaan gekyk nie en het op skool maar gesukkel om myself behoorlik te laat geld op die rugbyveld,” het hy aan stuff.co.nz gesê.

Met rugby-akademies wat nie in hom belang gestel het nie, het hy maar eers gaan werk en meubels van vragmotors afgelaai en ook by ’n konstruksiemaatskappy in Christchurch gehelp om fondamente te grawe om die stad te help herbou ná die groot aardbewing in 2011.

Hy het klubrugby by High School Old Boys in dié stad begin speel en so het sy pad na Superrugby as’t ware op die stowwerige grondpaaie van die sportsoort begin.

Met sy lang hare en sweetband om dit in plek te hou, asook ’n relatief tenger lyf, staan Bridge op die veld ook uit as nie jou tipiese moderne rugbyspeler nie.

Tog het hy die Kiwi’s aan die klets met sy vermoë om drieë te druk en sy groot vaart. In sy eerste jaar in Superrugby verlede jaar het hy 12 drieë gedruk en kort nou net een om die Hurricane Ben Lam se rekord van 16 vanjaar te ewenaar. Daar word nou van hom gepraat as ’n All Black van die toekoms.

Die Leeus besef hulle sal hierdie brug moet oorsteek as hulle die Superkampioen wil word, en sal dié mannetjie moet neutraliseer.

Meer oor:  Leeus  |  Superrugby-Eindstryd  |  Crusaders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.