Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Brumbies blaas Tahs se vlam dood

Die Waratahs se kans om die uitspeelrondes van die Superrugby-reeks te haal, is Saterdag deur die Brumbies beëindig.

Die Brumbies se heelagter, Tom Banks, soek deurkomkans Saterdag teen die Waratahs. Foto: Getty Images

Die Brumbies het vier drieë gedruk om met 35-24 te wen, nadat hulle teen rustyd gerieflik met 28-3 voor was.

Dit was die Brumbies se vier drieë in die eerste helfte wat die grondslag vir die oorwinning gelê het. Hoewel die besoekers se losskakel, Christian Leali’ifano, in die eerste helfte ’n keer of wat goeie lyne gehardloop het, was die Tahs se ondergang eerder hul ongeorganiseerde verdediging. Die Tahs het nie regtig met duikslae misluk nie, eerder gapings gelos rondom die losskrums wanneer die Brumbies op hul doellyn was.

Michael Hooper, kaptein van die Waratahs. Foto: Getty Images

In die tweede helfte het die Waratahs met nuwe ywer op die veld gedraf en in die Brumbies se helfte van die veld geboer en selfs hul agterstand aansienlik laat krimp. Maar ’n oorwinning het net-net buite hul bereik gebly.

Michael Hooper, kaptein van die Tahs, het nie net met die bal in die hand nie, maar ook met sy verdediging die oog gevang. Maar wanneer jou span by twee geleenthede oor die doellyn is en die bal verloor, soos wat Jed Holloway en Lachlan Swinton oorgekom het, moet jy nie vra hoekom hy verloor het nie.

Puntemakers: Brumbies 35 (28): Drieë: Rory Arnold, Andy Muirhead, Irae Simone, Folau Fainga’a, Tom Cusack. Doelskoppe: Christian Leali’ifano (5). Waratahs 22 (3): Drieë: Nick Phipps, Adam Ashley-Cooper, Curtis Rona. Doelskoppe: Bernard Foley (3). Strafdoel: Foley.

Meer oor:  Michael Hooper  |  Brumbies  |  Superrugby  |  Waratahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.