Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Brumbies die Aussies se beste

Sestien jaar ná hulle laas hul vingerafdrukke op ’n Superrugby-trofee kon plaas, het die Brumbies uiteindelik Saterdag weer hul hande gevou om . . . wel, soort van ’n Super-trofee.

Die Brumbies vier hul sege in die eindstryd van die Aussies se Superrugby-reeks. Foto: Getty Images
Die Canberra-span het sy status as Australië se voorste rugbyspan vas gesement deur die Reds in die eindstryd van die Superrugby AU-reeks met 28-23 te klop.

Dit maak natuurlik nie van hulle dié Super-kampioen van 2020 nie – die koronavirus-pandemie het gesorg dat daar nie vanjaar een onbetwiste Suidelike Halfrond-kampioen sal wees nie.

Maar moenie dink die feit dat hulle net teen hul landgenote moes meeding vir hierdie trofee het die Brumbies se feesvieringe enigsins gedemp nie.

Die Brumbies het voordeel getrek uit die Reds se swak dissipline en vroeg reeds met 15-3 voorgeloop. Die Queenslanders het die eindstryd begin met roekelose rugby en amateurfoute gemaak, maar dit alles weldra oorkom om weg te beitel aan die agterstand op die telbord.

Swak besluitneming sou egter hul doppie finaal klink. Met vyf minute oor, en die telling 28-23 vir die Brumbies, het die Reds ’n strafskop reg voor die pale gekry.

Eerder as om die pasella drie punte te neem, het hulle die kantlyn opgesoek – en die druk op hulself in die proses verhoog.

“Ons het die heeltyd geweet die Reds gaan terugveg in die tweede helfte en ek is trots dat ons sterk kon eindig,” het Allan Alaalatoa, die Brumbies se kaptein agterna gesê.

“Geluk aan die Brumbies, hulle het hoëgehalte-rugby opgedis deur die hele seisoen. Ons het onsself in die voet geskiet en ons swak dissipline het ons duur te staan gekom,” was die Reds-kaptein, Liam Wright, se opsomming van sake.

Puntemakers:

Brumbies 28 (15): Drieë: Folau Fainga’a, Andy Muirhead, Tom Banks. Doelskoppe: Noah Lolesio (2). Strafdoele: Lolesio (2). Skepdoel: Lolesio.

Reds 23 (13): Drieë: Harry Wilson, Angus Blyth. Doelskoppe: James O’Connor (2). Strafdoele: O’Connor (3).

Meer oor:  Reds  |  Brumbies  |  Superrugby  |  Aussies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.