Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Brumbies kies rugbyliga-ster op vleuel

Is Solomone Kata moontlik die volgende Lote Tuqiri, Wendell Sailor of Israel Folau?

Solomone Kata word vasgevat in ’n rugbyliga-wedstryd toe hy ’n paar jaar gelede vir die Warriors van Nieu-Seeland gespeel het. Foto: Getty Images

Dié vraag sal Vrydag dalk al gedeeltelik beantwoord word wanneer dié vleuel sy Superrugby-debuut vir die Brumbies teen die Reds maak.

Die 25-jarige Kata was ’n uitblinker in rugbyliga, waar hy in 2019 nog vir die Melbourne Storm gespeel het. Nou sal hy – nes Tuqiri, Sailor en Folau – ’n suksesvolle oorgang na die vyftienman-kode probeer maak.

Tuqiri, Sailor en Folau was almal sterre in rugbyliga voordat hulle oorgeskakel het na vyftienman-rugby en later vir die Wallabies op vleuel, senter of heelagter toetsrugby gespeel het.

Kata, is 1,77 m lank en weeg 104 kg, en het glo groot indruk gemaak verlede week in die Brumbies se laaste oefenwedstryd teen die Melbourne Rebels. Sy vertoning in Canberra sal met groot belangstelling dopgehou word. Hy is sterk, vinnig en beskik oor ’n goeie aftrap.

Hy het al vir Tonga en Nieu-Seeland in rugbyliga-toetse gespeel.

Die Brumbies se span is: Tom Banks, Solomone Kata, Tevita Kuridrani, Irae Simone, Tom Wright, Noah Lolesio, Joe Powell, Pete Samu, Tom Cusack, Rob Valetini, Murray Douglas, Darcy Swain, Allan Alaalatoa (k), Folau Fainga’a, Scott Sio. PLAASVERVANGERS: Connal McInerney, Harry Lloyd, James Slipper, Caderyn Neville, Will Miller, Ryan Lonergan, Bayley Kuenzle, Andy Muirhead. – Sportredaksie, TeamTalk

  • Vrydag se wedstryd begin om 10:15 (SA tyd).
Meer oor:  Brumbies  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.