Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Brumbies se Folau skitter in Canberra

Die Brumbies se haker Folau Fainga’a het Vrydag in die GIO-stadion in Canberra twee drieë gedruk om sy span te help om sy Superrugbywedstryd teen die Waratahs met 19-13 te wen.

Folau Fainga’a (in die middel) het Vrydag vir die Brumbies twee drieë teen die Waratahs gedruk. Foto: Getty Images

Fainga’a het in al vier die Brumbies se vorige wedstryde ook ’n drie gedruk, so ’n mens kan hom seker ’n driedrukmasjien noem as jy hom oor ’n bier wil komplimenteer.

Maar eintlik is die regte masjien die Brumbies se agttal. Dis die pak voorspelers se goeie dryfspel wat die meeste van Faing’a se drieë aanvoer.

Hy is net die man wat koelkop agter die res van die voorspelers bly en die bal agter die doellyn plant.

Fainga’a – wat een pragtige, dun vlegseltjie op sy agterkop het – het een van sy drieë vanuit ’n lynstaandryf gekry.

Curtis Rona, die Waratahs se regtervleuel, kry die bal weg in Vrydag se wedstryd teen die Brumbies in Canberra. Foto: Getty Images

Vir die ander een het hy met groot krag van naby die doellyn af deurgestorm.

Glen Jackson, die skeidsregter, het vir die Brumbies ook ’n strafdrie gegee ná die Waratahs verskeie oortredings naby hul doellyn afgestaan het.

Die Waratahs moes vir 20 minute weens geelkaarte met net 14 spelers klaarkom.

Dat die Brumbies toe nie punte kon aanteken nie, wys dat hulle nie juis kookwater op die aanval was nie.

Volgens Christian Lealiifano, die wenspan se kaptein, was dit egter eerder omdat die Waratahs so verwoed verdedig het.

Puntemakers:

Brumbies 19 (12): Drieë: Folau Fainga’a (2), Strafdrie (7 punte). Doelskop: Christian Lealiifano. 

Waratahs 13 (5): Drieë: Michael Hooper, Alex Newsome. Strafdoel: Foley.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Brumbies  |  Superrugby  |  Waratahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.