Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Bulle baas teen Haaie op Loftus Versfeld

Net wanneer die doemprofete begin brom die Bulle is nou nie juis veel beter met die John Mitchell-bloudruk nie, kom daar ’n indrukwekkende oplewing soos Saterdagaand s’n op Loftus Versfeld.

Jesse Kriel het ’n bedrewe wedstryd vir die Bulle teen die Haaie beleef. Foto: Gallo Images

Gaaf, die tuisspan moes hier teen die einde keer vir ’n vale om ’n sege van 39-33 oor die Haaie in die Superrugbyreeks te verseker, maar die Bulle het deurentyd na die wenner gelyk.

Albei spanne het met groot planne opgedaag, en dit was ’n derby wat jou weer laat moed skep het vir Suid-Afrikaanse rugby.

Jy kan uit die twee agttalle wat mekaar sonder genade ingevlieg het, ’n pak kies wat aanstaande maand die Engelse ál hul hel sal gee.

Dit was ’n belangrike sege vir Burger Odendaal en sy span – een waarmee hulle van die laaste plek in die Suid-Afrikaanse konferensie opskuif om gesamentlik tweede te lê.

Dit was ’n eerste helfte waarin twee geelkaarte – een vir elke span – die momentum laat swaai het.

Daar was vroeg drama toe die Haaie se heelagter, Curwin Bosch, ná ’n puik beweging in die hoekie oor is.

’n Kykweer het egter gewys Bosch het sy direkte teenstander, Warrick Gelant, ’n paar fases vroeër gepootjie.

Die Haaie se haker, Akker van der Merwe, het gespeel asof hy die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, wou oortuig hy is die man om die beseerde Malcolm Marx oor te vat.

Bosch het skaars sy sit gekry om die aksie vir tien minute van die kantlyn af dop te hou of die einste Gelant het ’n opportunistiese rolskop van Jesse Kriel uit die lug gepluk en gaan druk.

Kriel het ’n rukkie later met groot venyn tussen die voorrymanne Thomas du Toit en Akker van der Merwe deurgesny om die Bulle met 12-0 te laat voorloop.

RG Snyman, slot van die Bulle, het die skeidsregter, Rasta Rasivhenge, na nog ’n gele laat gryp toe hy die Haaie-skrumskakel laat geloop het.

Die Haaie het kantlyn toe geskop en dit het op die flank Jacques Vermeulen se drie uitgeloop.

Twee strafdoele deur die Haaie-losskakel, Robert du Preez, het die besoekers in die 51ste minuut vir ’n kort wyle laat voorloop (23-22), maar drieë daarna deur Johnny Kotzé en Lood de Jager het vir die Bulle die kalf uit die put gekry.

Daar was heelparty voortreflike vertonings.

De Jager se bydrae was iets ysliks, terwyl sy slotmaat, Snyman, ook nie sy lyf gespaar het nie.

Vir die Haaie was die Du Preez-boeties, Dan en Jean-Luc, oudergewoonte vuurvreters.

Die Haaie se haker, Akker van der Merwe, het gespeel asof hy die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, wou oortuig hy is die man om die beseerde Malcolm Marx oor te vat.

Puntemakers:

Bulle 39 (22) Drieë: Warrick Gelant, Jesse Kriel, Roelof Smit, Johnny Kotze, Lood de Jager. Strafdoele: Handré Pollard (2). Doelskoppe: Pollard (4).

Haaie 33 (17) Drieë: Curwin Bosch, Jacques Vermeulen, Jean-Luc du Preez. Strafdoele: Curwin Bosch, Robert du Preez (3). Doelskoppe: Du Preez (3).

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Haaie  |  Loftus Versfeld  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.