Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Bulle-Bok Ivan ‘het baie om te bewys’

Twee Springbokke, Ivan van Zyl en Marco van Staden, is terug in die Bulle se beginspan vir Vrydag se Superrugby-ontmoeting met die Blues in Auckland.

Ivan van Zyl dra Vrydag die Bulle se nr.9-trui teen die Blues.Foto: Gallo Images
Jason Jenkins teken Vrydag in Auckland sy “50-tal” vir die Bulle in Superrugby aan. Foto: Gallo Images

Van Zyl vervang André Warner op skrumskakel en Van Staden is in die lostrio gekies in die plek van die agtsteman Duane Vermeulen, wat teruggekeer het Suid-Afrika toe.

Pote Human, die Bulle se hoofafrigter, het besluit om Paul Schoeman van flank na agtsteman te skuif, terwyl Van Staden die nr. 6-trui kry.

Human sê Van Zyl en Van Staden het baie om te bewys en sal aangevuur wees om ’n impak te maak.

Die slot Jason Jenkins sal Vrydag in sy 50ste wedstryd in die kompetisie vir die Bulle speel.

* Bulle: Warrick Gelant, Cornal Hendricks, Johnny Kotze, Burger Odendaal (k), Rosko Specman, Manie Libbok, Ivan van Zyl, Paul Schoeman, Hanro Liebenberg, Marco van Staden, RG Snyman, Jason Jenkins, Trevor Nyakane, Schalk Brits, Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Jaco Visagie, Simphiwe Matanzima, Wiehahn Herbst, Jannes Kirsten, Ruan Steenkamp, André Warner, JT Jackson, Divan Rossouw.

Meer oor:  Ivan Van Zyl  |  Bulle  |  Superrugby  |  Blues
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.