Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Bulle help Brits nie dié keer met Sanzaar-stryd

Die Bulle-haker Schalk Brits het ’n Maandagaand-spertyd gehad om te motiveer waarom Sanzaar hom nie ’n tweede keer moet straf nie.

Brits, wat Saterdag saam met die Bulle na Melbourne, Australië, vertrek het, kan ’n boete van tot R100 000 opgelê word oor kommentaar wat hy verlede week op ’n mediakonferensie gelewer het.

Die Bulle-haker Schalk Brits is dalk gou weer op Sanzaar se tapyt oor kommentaar wat hy verlede week op ’n mediakonferensie gelewer het. Foto: Gallo Images

Hy het onder meer die mening uitgespreek dat hy onbillik behandel is toe hy in April vir vier wedstryde (vyf weke) geskors is vir sy onderonsie met Akker van der Merwe, haker van die Haaie.

“As jy van begin tot einde na die voorval kyk, moes die uiteinde (sy skorsing) nooit gewees het wat dit was nie,” het die ervare Springbok op Loftus Versfeld aan rugbyskrywers gesê.

Brits was ook van mening dat Sanzaar, die beheerliggaam van rugby in die Suidelike Halfrond, die manier waarop tugprosesse hanteer word, in heroënskou moet neem.

Hy het die punt gemaak dat Suid-Afrikaanse spelers in baie gevalle aan die kortste ent trek met Sanzaar-tugsake.

Brits sê dit is jammer daar is nie ’n forum waar hy ná die skorsing sy misnoeë te kenne kon gee nie.

Alfons Meyer, uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy (BBM), het bevestig dat Sanzaar hom hieroor skriftelik in kennis gestel het.

“Ons weet daarvan, maar Schalk hanteer die saak in sy persoonlike hoedanigheid.

“Ons hoop van harte dat hy die saak in perspektief kan stel en dat dit die einde van die sage sal wees.”

Brits staan nie die gevaar dat hy weer ’n wedstrydskorsing op die lyf sal loop nie.

Sanzaar wys in sy skrywe daarop dat Brits hom (Sanzaar) en die Superrugby-reeks in oneer gebring het met sy kommentaar en dat hy die kompetisie se gedragskode verontagsaam het.

Sanzaar het by navraag gesê hy gaan nie kommentaar lewer voordat die saak afgehandel is nie.

Meer oor:  Schalk Brits  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.