Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Bulle hoogs kwesbaar, selfs op tuisveld

Daar word in die Bulle-kamp nie te veel gemaak van die tuisveldvoordeel wat die span Saterdagaand op Loftus Versfeld teen die Jaguares het nie.

Adriaan Strauss, die Bulle-kaptein, moet Saterdag op Loftus Versfeld wys hy is steeds die beste haker in Pretoria wanneer hy teen die Poemas-kaptein, Agustín Creevy, te staan kom. Foto: Gallo Images

Dis heel te verstane ná die segelose Superrugby-toer wat Adriaan Strauss en sy makkers agter die rug het.

Die Bulle kom hoogs kwesbaar en met kwynende selfvertroue in die reeks teen die Jaguares te staan.

Om sake in perspektief te plaas: die Sunwolves, dieselfde span teen wie die Bulle verlede Saterdag in Tokio so versukkeld was, het vanoggend in Nieu-Seeland ’n 50-tal teen die Crusaders op die lyf geloop.

Die tuisveldvoordeel is ’n dun silwer randjie om die onweerswolke wat die laaste ruk oor Loftus saamgepak het.

Nollis Marais, die Bulle-breier, was die afgelope week filosofies oor sy span se vooruitsigte.

Die span kán speel en ons het dit in daardie eerste helfte teen die Chiefs gesien.
Nollis Marais

“Ons kry nie die regte balans nie. Die een dag is ons goed in vaste fasette, maar vat houe by die afbreekpunte. ’n Volgende keer is ons besluitneming weer nie na wens nie.

“Die span kán speel en ons het dit in daardie eerste helfte teen die Chiefs gesien.”

Daar is ’n legio onbeantwoorde vrae. Is die Bulle onfiks? Word die span swak afgerig? En is die kaptein ver verby sy beste?

Daar is ’n groot groep Springbokke soos Strauss, Lood de Jager en Jesse Kriel wat ’n slag moet speel soos Bokke.

Die Jaguares het die gawe om hul teenstanders by ’n armdrukstryd te betrek en die Haaie het dit so hittete verlede naweek in Durban ontgeld.

Jy moet slim speel en koelkop bly teen die Argentyne.

Maar meer belangrik, Marais sal stilweg hoop hy hoef nie weer agterna te verduidelik dat foute sy span gekos het nie.

Raul Perez, Jaguares se afrigter, het intussen verras deur Santiago González Iglesias bo Nicolás Sánchez op losskakel in die beginspan te kies.

Emiliano Boffelli en Santiago Cordero is die nuwe vleuels in Bautista Ezcurra en Ramiro Moyano se plek.

Spanne
Bulle: Jesse Kriel, Travis Ismaiel, Jan Serfontein, Burger Odendaal, Jamba Ulengo, Handré Pollard, Piet van Zyl, Hanro Liebenberg, Jannes Kirsten, Nic de Jager, Lood de Jager, RG Snyman, Trevor Nyakane, Adriaan Strauss (k), Pierre Schoeman. PLAASVERVANGERS: Jaco Visagie, Lizo Gqoboka, Martin Dreyer, Jason Jenkins, Marnus Schoeman, Rudy Paige, Tian Schoeman, Warrick Gelant.

Jaguares: Joaquín Tuculet, Santiago Cordero, Matías Orlando, Jerónimo de la Fuente, Emiliano Boffelli, Santiago González Iglesias, Gonzalo Bertranou, Leonardo Senatore, Rodrigo Baez, Pablo Matera, Marcos Kremer, Guido Petti, Ramiro Herrera, Agustín Creevy (k), Lucas Noguera Paz. PLAASVERVANGERS: Roberto Tejerizo, Santiago García Botta, Enrique Pieretto, Benjamin Macome, Tomás Lezana, Felipe Ezcurra, Nicolás Sánchez, Ramiro Moyano.


Afskop: 19:30

Skeidsregter: Ben O’Keeffe (NS)

Assistent-skeidsregters: Angus Gardner (Aus), Egon Seconds (SA)

TV-skeidsregter: Willie Vos (SA)

Superrugby-bepalings

Superrugby-uitslae

Superrugby-puntelyste

Meer oor:  Bulle  |  Superrugby  |  Jaguares
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.