Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Bulle kry meer as een kaptein vir Superreeks

Daar gaan aanstaande jaar ’n groep van spelers aangewys word wat die Bulle in die Superrugbyreeks sal aanvoer.

Adriaan Strauss, wat vroeër die maand vir die Barbarians teen die All Blacks diens gedoen het, kan straks in 2018 die Bulle se kapteinskap met ander spelers deel. Foto: Getty Images

“Ja, dit sal nie net een speler wees nie,” het John Mitchell, die Bulle se hoofafrigter, bevestig.

Die Stormers het in 2016 ook twee kapteins – Juan de Jongh en Frans Malherbe – gehad, maar daar is vanjaar besluit op Siya Kolisi as die enigste leier.

Mitchell sê dit is ’n onbegonne taak vir een kaptein om vir die hele kompetisie die pas vol te hou.

“As daar beserings is, is daar groter duidelikheid wat leierskap betref. Ek verkies dus ’n groep leiers wat met voorbeeld lei.

“Ek het al ’n duideliker prentjie, maar ek sal eers volgende jaar finaal hieroor besluit.”

Die oud-Springbok-kaptein Adriaan Strauss het vanjaar die Bulle in die Superreeks gelei, terwyl Burger Odendaal indruk gemaak het met sy leierskap in die Curriebeker-kompetisie.

Die Bok-losskakel Handré Pollard word as ’n toekomstige leier gereken, terwyl Hanro Liebenberg (losvoorspeler) ook die afgelope seisoen of wat as ’n opkomende kaptein groot gemaak is.

Mitchell het verlede week ’n groot groep van meer as 60 spelers aangewys vir die Bulle se voorseisoen.

“Dit sal dom wees om nie almal ’n kans te gee nie. Die plan is om die groep teen einde Januarie na sowat 38 spelers te verklein.

“Sommige spelers het reputasies en ander is gretig om op die radar te verskyn. Die goeie ding van die voorseisoen is dat almal ’n gelyke kans het.”

Die uitdaging is ook om ons Bokke (Jesse Kriel, Handré Pollard, Warrick Gelant, Rudy Paige en Trevor Nyakane) te laat integreer en in Januarie ook die spelers wat tans in Japan speel.

En is hoogs talentvolle spelers soos Manie Libbok en Embrose Papier bestem om volgende jaar Superrugby te speel?

“Jy kan jou beste doen om hul ontwikkeling te versnel, maar dit is nie iets wat jy kan forseer nie.

“Daar is baie groentjies in die groep, maar wie weet, hulle kan uitstaande wees oor die volgende weke. Hulle sal iewers op die toneel verskyn, ons weet net nie wanneer nie.”

Mitchell verklap nie te veel wanneer die span se voorseisoen ter sprake kom nie.

Hy sê wel sy spelers moet oor tien weke volhoubaar teen ’n hoë pas kan rugby speel.

“Die uitdaging is ook om ons Bokke (Jesse Kriel, Handré Pollard, Lood de Jager, Warrick Gelant, Rudy Paige en Trevor Nyakane) te laat integreer en in Januarie ook die spelers wat tans in Japan speel.

“Dit is nie maklik om almal vinnig op dieselfde bladsy te kry nie, maar ons het ’n plan of twee om dit te doen.”

* Berig aangepas.

Meer oor:  Bulle  |  Superrugby  |  John Mitchell
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.