Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Bulle terug op Loftus, terug op wenpad

Die Bulle is terug op Loftus Versfeld én terug op die wenpad.

Dit het eers gelyk of die Stormers groot slae kom haal het in Pretoria en toe kom die Bulle se kenmerkende insinking net voor rustyd.

Saterdag se Superrugbywedstryd tussen die Bulle en Stormers op Loftus was ’n tipiese klipharde Suid-Afrikaanse derby. Foto: Gallo Images

Maar dié keer kon die tuisspan die saak regstel en het ’n aanskoulike en klipharde Superrugby-derby 33-23 gewen.

As die Bulle voortaan dié rugby gaan voorsit, sal dit ’n kwessie van tyd wees voordat besoekende spanne weer daarna opsien om na die hoofstad te reis.

Adriaan Strauss het sy mylpaal-149ste wedstryd vroeg op die regte manier gevier toe hy reeds in die 16de minuut vir sy tweede drie oor is – albei via rolmale.

Die Bulle het hul voorsprong na 19-6 gerek nadat Handré Pollard netjies deurgesny en Johnny Kotze oorgestuur het.

Wanneer goeie spanne só die botoon voer, draai hulle gewoonlik die skroewe sonder genade aan.

Soos wat dit regdeur op die Bulle se afgelope toer gelol het, is die agterdeur vir die Stormers op ’n kerf oopgelos.

Die Kaapse span het hom nie ’n tweede keer laat nooi nie, en drieë in die bestek van drie minute deur die slot Jan de Klerk en Springbok-senter Damian de Allende het beteken die Bulle se voorsprong was teen rustyd een punt (19-18).

’n Mens wonder of die Bulle die regte rigting inslaan deur nie aan te lê pale toe wanneer daar drie punte op die spel is nie.

Die benadering het tot Strauss se drieë gelei, tog het die Haaie vroeër die dag in Auckland gewys hoe waardevol dit is om deurgaans met akkurate stelskopwerk in beheer te bly.

Met die Bulle wat by ’n hele paar geleenthede besit in die lynstane verkwis het, het hulle juis gesukkel om momentum te bou.

Dit is nie aldag kermis nie, maar die Stormers het Strauss se derde drie op ’n skinkbord aangebied toe ’n ingooi van Ramone Samuels op sy span se doellyn in die voormalige Bok-kaptein se hande beland het.

Selfs Stormers-ondersteuners sal dit vir Strauss – een van die onbesonge helde van Suid-Afrikaanse rugby – gun dat hy vir ’n slag vonkelwyn kan drink.

* Puntemakers:

Bulle 33 (19) Drieë: Adriaan Strauss (3), Johnny Kotze, Jesse Kriel. Doelskoppe: Handré Pollard (4).

Stormers 23 (18) Drieë: Jan de Klerk, Damian de Allende, Siya Kolisi. Strafdoele: Damian Willemse (2), Doelskop: Willemse.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Stormers  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.