Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Bulle maak jag op die ‘Aussie Slam’
Duane Vermeulen sal nie in Nieu-Seeland vir die Bulle beskikbaar wees wanneer hulle in die Superrugby-kompetisie teen die Blues en die Highlanders speel nie. Foto: Getty Images

Die Bulle kom met ’n huppel in die stap in Canberra aan om voor te berei vir hul afspraak met die Brumbies, wat vandeesweek weens nasionale verpligtinge kwaai ontwrig sal wees.

Vrydag se Superrugby-sege oor die Rebels in Melbourne het die Bulle ’n goeie skoot selfvertroue en momentum gegee voor die naweek se kragmeting met die Brumbies.

Pote Human, die besoekers se afrigter, het boonop die luukse dat sy span, buiten ’n kneusplek of twee, sonder enige skete is.

Die Brumbies daarenteen, sal die week weens ’n Wallaby-oefenkamp net een oefensessie saam hê voordat hulle die span van Pretoria aandurf.

Dan McKellar, hoofafrigter van die Brumbies. Foto: Getty Images

Die Brumbies-afrigter, Dan McKellar, het aan canberratimes.com.au gesê dit is nie ideaal nie, veral ná sy span die afgelope naweek ’n loslootjie gehad het.

Troef die Bulle ook die Brumbies, sal hulle vanjaar met al vier spanne van Australië afgereken het.

Human het gesê hoewel hulle respek het vir al hul teenstanders, sal die Brumbies se oorheersing die afgelope paar seisoene sy span nie laat afskrik nie.

Sedert Jake White se Brumbies in 2013 die Bulle in die halfeindstryd op Loftus Versfeld verras het, is dit eenrigtingverkeer tussen die spanne.

Die Bulle was sedert daardie seisoen in al drie wedstryde in Canberra ’n verloorder, terwyl die Brumbies ook verlede seisoen 38-28 op Loftus die botoon gevoer het.

Die Brumbies is die voorloper in die Australië-konferensie nadat hulle vier van hul laaste vyf wedstryde gewen het.

Die aanduiding uit Australië is dat Human nie veel aan sy span sal verander nie.

Veral gegewe dat die Springbok-agtsteman Duane Vermeulen ná Vrydag se wedstryd na Suid-Afrika sal terugkeer om sy lyf te laat rus en nie saam met sy spanmaats na Nieu-Seeland sal reis nie.

Die Bulle het nog nie bevestig of daar ’n plaasvervanger vir Vermeulen sal wees nie. Een van Tim Agaba, Tembelani Bholi of Ruan Steenkamp kan dalk word.

Die Bulle het nog nie bevestig of daar ’n plaasvervanger vir Vermeulen sal wees nie.

Een van Tim Agaba, Tembelani Bholi of Ruan Steenkamp kan dalk word.

Dit is ook nog nie duidelik hoe die Bulle-kaptein, Handré Pollard, se beskikbaarheid daar sal uitsien wanneer die span teen die Blues en Highlanders speel nie.

Human sal in Pollard se afwesigheid noodgedwonge ’n nuwe kaptein moet aanwys.

Die Bulle se span word Woensdag aangekondig.

Meer oor:  Pote Human  |  Canberra  |  Brumbies  |  Bulle  |  Superrugby  |  Afrigter  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.