Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Bulle moet Pote ‘se taak bemoeilik’

Menige tradisionele rugbyliefhebber maak die sogenaamde superheld-Sondag as ’n komiese foefie af, maar vir die Bulle is die Captain America-uitrustings en die gepaardgaande fanfare ’n bysaak.

Lood de Jager en sy span beskou dit eerder as ’n kans om nader te beweeg aan gereedheid vir die Superreeks – en om die Stormers ’n voorsmaak te gee van dít wat oor twee naweke in Pretoria wag.

Pote Human, hoofafrigter van die Bulle. Foto: Gallo Images

Pote Human, die hoofafrigter, meen sy span is 60% gereed vir die kompetisie en sê ’n blink vertoning Sondagmiddag teen die Stormers in die Kaapstad-stadion is ononderhandelbaar.

“Ons moet wys dat ons in die regte rigting beweeg en ek wil hê die spelers moet die geleentheid gebruik om my taak (met die kies van die span) te bemoeilik.”

Dit is veral voorlangs – gegewe die tuisspan wat ’n “naasbeste-pak” gekies het – waar die Bulle moet kole gooi.

Die besoekers se agttal is rofweg die kern van die pak wat oor twee weke teen die Stormers op Loftus Versfeld sal aantree.

Vir De Jager-hulle is die gevaar dat hulle met twyfel in die gemoed sal terugkeer Pretoria toe as hulle nie die naasbestes kan boelie nie.

Daar is vanselfsprekend groot belangstelling in Duane Vermeulen se debuut in ’n Bulle-trui.

By Loftus word daar stilweg gehoop dié Bok-yster sal vanjaar die belegging deur en deur werd wees.

In die onlangse verlede is ’n speler soos Jacques Potgieter na Pretoria gelok om die Bulle voor meer spierkrag te gee, maar hy was uiteindelik meer op die voorblad van ’n tydskrif as op die veld weens beserings.

Vermeulen se lostrio-vennote, Jannes Kirsten en Paul Schoeman, het self ’n belangrike middag wat voorlê.

Daar is ’n magdom-losvoorspelers by Loftus en Ruan Steenkamp en Thembelani Bholi het reeds verlede week in die losmaker teen die Leeus regmerkies agter hul naam gekry.

Kirsten was ’n seisoen of wat gelede as ’n toekomstige Springbok bestempel, maar hy gaan meer moet doen om aan dié verwagtinge te voldoen.

Spanne

Stormers: Dillyn Leyds, Seabelo Senatla, JJ Engelbrecht, Dan Kriel, SP Marais, Joshua Stander, Jano Vermaak, Juarno Augustus, Cobus Wiese, Jaco Coetzee, Chris van Zyl (k), Salmaan Moerat, Michael Kumbirai, Scarra Ntubeni, Ali Vermaak. PLAASVERVANGERS: Chad Solomon, Corné Fourie, Wilco Louw, Ernst van Rhyn, JD Schickerling, Sikhumbuzo Notshe, Kobus van Dyk, Herschel Jantjies, Damian Willemse, Sergeal Petersen, Dan du Plessis.

Bulle: Warrick Gelant, Jade Stighling, Jesse Kriel, Burger Odendaal, Duncan Matthews, Handré Pollard, Ivan van Zyl, Duane Vermeulen, Jannes Kirsten, Paul Schoeman, Lood de Jager (k), Eli Snyman, Trevor Nyakane, Schalk Brits, Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Corniel Els, Simphiwe Matanzima, Dayan van der Westhuizen, Ruan Nortjé, Ruan Steenkamp, Thembelani Bholi, Embrose Papier, Manie Libbok, Dylan Sage, Johnny Kotze, Divan Rossouw.

  • Skeidsregter: Rasta Rasivhenge.
  • Assistent-skeidsregters: Cwengile Jadezweni, Divan Uys.
  • TV-skeidsregter: Christie du Preez.
  • Afskop: Sondag 16:15 (SS 1 en SS 11).


Meer oor:  Superheld-Sondag  |  Stormers  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.