Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Bulle moet vernuftig werk met Jaguares

Vind ’n manier om die Jaguares se ondergang te bewerkstellig, looi daarna die Brumbies op Loftus Versfeld en ’n plek in die uitspeelronde is die Bulle se voorland.

Het John Mitchell raakgevat met Manie Libbok op losskakel?Foto: Gallo Images

Die scenario is natuurlik moeiliker as wat dit klink, maar dit is met presies dié plan waarmee die Bulle vandeesweek op die vliegtuig geklim het vir Saterdagaand se kragmeting in die Superreeks met die Jaguares in Buenos Aires.

En hoekom nie?

Die Bulle speel met genoeg selfvertroue om die Argentyne te klop, meen die afrigter, John Mitchell.

Sonder om nou uit die staanspoor na ’n doemprofeet te klink; daar is ’n paar redes waarom die Bulle nie as die gunstelinge in die Estadio José Amalfitani naderstaan nie.

Eerstens, Manie Libbok op losskakel.

’n Waagstuk of ’n slim skuif?

Die vlugvoetige Libbok is vol rugby, maar jy wonder of dit nie die minste ontwrigting sou wees om Handré Pollard op losskakel te los en JT Jackson op senter te kies nie.

Vir Libbok om in sy eerste wedstryd in die beginspan sy stempel af te druk, moet die Bulle voor in beheer wees.

Die vlugvoetige Libbok is vol rugby, maar jy wonder of dit nie die minste ontwrigting sou wees om Handré Pollard op losskakel te los en JT Jackson op senter te kies nie.

Dit is te verstane dat heelparty ondersteuners bekommerd is oor hulle span, wat minus Lood de Jager en met Conraad van Vuuren in die nr. 3-trui opdaag.

De Jager was vuurwarm totdat ’n geskeurde borsspier verlede Saterdag op Loftus sy seisoen beëindig het en die Bulle gaan hom veral in die lynstane mis.

Die skrumles wat die Stormers se Steven Kitshoff na willekeur aan Van Vuuren uitgedeel het op Nuweland, is nog vars in die geheue.

Mario Ledesma. Foto: Getty Images

Van Vuuren kry teen ’n gedugte pak die kans om te wys dit was bloot sy afdag in Kaapstad.

Die Jaguares is juis vanjaar onder Mario Ledesma se leiding nader aan ’n tradisionele Argentynse skrum as wat in die verlede die geval was.

Ná die byna ondenkbare welslae wat Ledesma se span op toer in Australië en Nieu-Seeland behaal het, spel die Jaguares groot gevaar tuis.

Mitchell het egter die afgelope week geklink na ’n man wat ’n plan of twee in die mou voer.

Vir dit om uit te werk, gaan Libbok op sy kop moet wees en die Bulle voor die tuisspan se tier moet wees.

Makliker gesê as gedaan.

Die spanne is:

Jaguares: Emiliano Boffelli, Bautista Delguy, Matias Orlando, Jeronimo de le Fuente, Sebastian Cancelliere, Nicolas Sanchez, Gonzalo Bertranou, Javier Ortega Desio, Marcos Kremer, Tomas Lezana, Tomas Lavanini, Guido Petti, Nahuel Tetaz Chaparro, Agustin Creevy, Santiago Garcia Botta. PLAASVERVANGERS: Julian Montoya, Javier Diaz, Santiago Medrano, Matias Alemanno, Leonardo Senatore, Martin Landajo, Bautista Ezcurra, Juan Cruz Mallia.

Bulle: Warrick Gelant, Travis Ismaiel, Jesse Kriel, Handré Pollard (k), Johnny Kotze, Manie Libbok, Ivan van Zyl, Marco van Staden, Thembelani Bholi, Roelof Smit, RG Snyman, Jason Jenkins, Conraad van Vuuren, Adriaan Strauss, Trevor Nyakane. PLAASVERVANGERS: Jaco Visagie, Nqobisiwe Mxoli, Frans van Wyk, Hendré Stassen, Nic de Jager, André Warner, JT Jackson, Divan Rossouw.

Skeidsregter: Federico Anselmi (Arg).

Assistent-skeidsregters: Paul Williams (Aus), Pablo Deluca (Arg).

TV-skeidsregter: Santiago Borsani (Arg).

Afskop: 23:40.

Meer oor:  Manie Libbok  |  Handre Pollard  |  Argentinië  |  Bulle  |  Superrugby  |  Losskakel  |  Jaguares  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.