Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Bulle moet vinnig spring vir ander stut

Dit is steeds nie seker of daar ’n plaasvervanger ontbied gaan word midde-in die Bulle se krisis op loskopstut nie.

Die franchise se voorste loskoppe, Lizo Gqoboka en Pierre Schoeman, gaan albei met Jan Tuisbly se kar ry wanneer die span Woensdag na Suid-Amerika vertrek vir die naweek se wedstryd teen die Jaguares in die Superrugby-reeks.

Conraad van Vuuren / Foto: Gallo Images

Dr. Herman Rossouw, die Bulle se spandokter, sê Saterdag se ontmoeting met die Haaie op Loftus Versfeld, was “ ’n duur aand” vir die tuisspan. Afgesien daarvan dat die Springbok-slot Lood de Jager ’n borsspier geskeur het en die Bulle minstens vier maande sonder sy dienste gaan wees, het Gqoboka ’n sening in sy groottoon beseer en sal hy na verwagting tussen vier en ses maande op die krukkelys wees.

Schoeman is verlede maand vir ses weke tot en met 2 Junie geskors nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy ’n speler van die Melbourne Rebels gebyt het.

John Mitchell, die span se hoofafrigter, het Saterdagaand gesê hulle sal noodgedwonge buite die groep kyk of hulle ’n stut vir die volgende twee weke kan leen en dit sluit selfs ’n speler van oorsee in.

Of die Bulle die administratiewe reëlings spoedig gedoen kan kry sodat ’n speler van buite reeds Woensdag saam met die span kan vlieg, sal gesien moet word.

Mitchell kan dit ook oorweeg om Trevor Nyakane, wat deesdae aan die vaskopkant ingespan word, terug te skuif na sy ou posisie en om Conraad van Vuuren en Frans van Wyk as vaskopstutte saam te vat Buenos Aires toe.

Die span kom op 26 Mei in Pretoria teen die Brumbies te staan in sy laaste wedstryd voordat die Superreeks vir die Junie-toetsgleuf onderbreek word.

Die Bul-breier maak sy toergroep vir Buenos Aires Dinsdag bekend.

Die franchise het goeie diepte op slot en Jason Jenkins, wat die afgelope paar wedstryde as ’n nr. 7-flank indruk gemaak het, sal Saterdag RG Snyman se slotmaat wees.

Hendré Stassen en Ruben van Heerden, wat verlede seisoen een van die Bulle se uitblinkers in die Curriebeker-kompetisie was, is die ander slotte wat as plaasvervangers in die groep ingesluit kan word.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.