Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Bulle nou ook sonder Handré Pollard
Handré Pollard, kaptein van die Bulle, het teruggekeer Suid-Afrika toe met ’n kuitbesering. Foto: Getty Images

Reeds sonder Lood de Jager en Jesse Kriel. Nou makeer Handré Pollard en van volgende week af ook Duane Vermeulen.

Dít is die rampspoedige scenario wat die Bulle die volgende paar weke op toer in Australasië gaan beproef.

Die Bulle se Springbokke word al hoe meer uitgedun namate die span se Superrugby-veldtog vorder met Pollard, die kaptein en losskakel, wat die jongste ongeval is.

Hy het vroeër in die week ’n kuitbesering in ’n oefening in Melbourne opgedoen en het teruggekeer Suid-Afrika toe.

Manie Libbok sal dus die Bulle se nr. 10-trui dra wanneer hulle Vrydag in Canberra teen die Brumbies te staan kom.

Vermeulen sal ná dié wedstryd ook huiswaarts keer om met die oog op die Wêreldbeker-toernooi uit te rus.

Dit beteken die senter Burger Odendaal die Bulle se vierde kaptein vanjaar in die reeks sal wees.

Hy sal die span in Nieu-Seeland teen die Blues en die Highlanders aanvoer.

Pollard se besering bring mee dat hy waarskynlik vir oulaas vir die Bulle sal speel wanneer hulle op 15 Junie teen die Leeus speel.

Pote Human
Die Bulle-breier Pote Human.

Hy sal ná die WB-toernooi vir Montpellier in Frankryk beskikbaar wees.

Pote Human, die Bulle-breier, sê dit is in Pollard se beste belang dat hy in Pretoria van die besering herstel.

“Hy sukkel om te hardloop en dit is nie die moeite werd om met hom te waag nie. Ons moes hom vervang.

“Ons sal Pollie beslis mis. Hy is waarskynlik in die stadium die voorste nr. 10 in wêreldrugby,” het Human gesê.

Die veelsydige agterspeler JT Jackson is ontbied en is op die plaasvervangersbank gekies.

Human sê Pollard sal aanstaande maand teen die Leeus kan speel.

Die verlies aan ervaring, is ’n bekommernis, sê Human.

“Dit is ’n uitdaging, want ons sal baie graag vanjaar al vier die Aussie-spanne wil klop.

Daar is darem nog ervare spelers soos Duane, Schalk (Brits) en Burger om die ding vir ons vorentoe te vat.
Pote Human

“Daar is darem nog ervare spelers soos Duane, Schalk (Brits) en Burger om die ding vir ons vorentoe te vat.”

Libbok se noodgedwonge insluiting is die enigste verandering aan die span wat teen die Rebels geseëvier het.

Dit beteken dat André Warner nog ’n kans agter die oond kry.

“Hy het baie goed gedoen en hy en Pollie het goed gekombineer. Sy skopwerk en diens is ’n bate en hy is ’n groot, sterk skrumskakel. André verdien sy plek in die span, maar Embrose (Papier) en Ivan (van Zyl) sal in Nieu-Seeland beurte kry.”

Die stut Lizo Gqoboka speel Vrydag in sy 50ste Superwedstryd vir die Bulle.

Die Bulle se span is:
Warrick Gelant, Cornal Hendricks, Johnny Kotze, Burger Odendaal, Rosko Specman, Manie Libbok, André Warner, Duane Vermeulen (k), Hanro Liebenberg, Paul Schoeman, RG Snyman, Jason Jenkins, Trevor Nyakane, Schalk Brits, Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Jaco Visagie, Simphiwe Matanzima, Wiehahn Herbst, Jannes Kirsten, Marco van Staden, Embrose Papier, JT Jackson, Divan Rossouw.
 
Meer oor:  Pote Human  |  Handre Pollard  |  Canberra  |  Brumbies  |  Besering  |  Bulle  |  Superrugby  |  Losskakel  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.