Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Bulle se kaptein sluit hom by Leeus aan

Burger Odendaal is die jongste in ’n lang lys Blou Bulle wat die Jukskeirivier gaan oorsteek om sy rugby voortaan by die Leeus te speel.

Die Leeus het Maandag aangekondig dat Odendaal wel nou amptelik op hul boeke is en hy volg in die voetspore van André Warner, Roelof Smit, Jamba Ulengo, Divan Rossouw en Duncan Matthews, wat dieselfde roete die afgelope jaar gevolg het .

Die Bulle-senter Burger Odendaal vroeër vanjaar teen die Leeus in aksie. Hy sal voortaan deel word van die Leeus se trop. Foto: Gallo Images

Die 27-jarige Odendaal se naam word al geruime tyd genoem as iemand wat die Ligbloutrui vir die Rooibontes gaan verruil.

Hy was vroeër vanjaar die Bulle se kaptein in die Super-rugbyreeks, maar die winde van verandering wat daar in Pretoria was met die koms van Jake White as hul nuwe hoofafrigter, het beteken dat hierdie sterk senter oorbodig verklaar is.

Hy het glo nie deel van White se toekomsplanne uitgemaak nie en hy het nou ’n heenkome aan die anderkant van die Jukskeirivier gekry.

Odendaal sal nou saam met sy een van sy vorige spanmaats by Loftus, Matthews, asook Dan Kriel en Manuel Rass in die senter-kookpot wees om die Leeus se middelveld te beman.

Hy is ’n goeie speler en bring baie ervaring.
Swys de Bruin

Die voormalige Leeus-afrigter Swys de Bruin het Odendaal se koms Maandag as ’n aanwins vir die Leeus beskryf.

“Hy is ’n goeie speler en bring baie ervaring. Hy is ook ’n uitstekende leier en kan gewis as ’n aanwins beskryf word,” sê De Bruin.

Dit is veral met ’n jong groep spelers wat die Leeus deesdae agterlangs het, waar Odendaal stabiliteit kan bring en waar sy koelkop en leierskap van groot waarde kan wees.

Met nog ’n speler uit Pretoria wat voortaan by Ellispark gaan aanmeld, sal die N1 tussen dié twee Gautengse stede nog besiger wees.

Meer oor:  Johannesburg  |  Swys De Bruin  |  Burger Odendaal  |  Leeus  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.