Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Bulle se krankes laat Mitch kopkrap
Die Bulle gaan Saterdag in Singapoer sonder hulle kaptein, Burger Odendaal, oor die weg moet kom teen die Sunwolves.Foto: Gallo Images

John Mitchell, hoofafrigter van die Bulle, moes Maandagoggend eers vasgestel het wie in sy groep sonder skete is voordat hy begin planne maak het vir Saterdag se Superrugby-ontmoeting met die Sunwolves in Singapoer.

Nie minder nie as vier Bulle wat aan die einde van Mei in die vorige wedstryd teen die Brumbies op Loftus Versfeld in die beginspan was, sal nie teen die Sunwolves speel nie.

Dit sluit in die kaptein, Burger Odendaal, wat Sondagmiddag in die Blou Bulle se kragmeting met die Goue Leeus in die SuperSport-uitdaagreeks ’n kuitspier beseer het, in.

Die Springbok-losskakel Handré Pollard sal na verwagting weer voor draf in Odendaal se afwesigheid.

Die Springbok-losskakel Handré Pollard sal na verwagting weer voor draf in Odendaal se afwesigheid.

Mitchell sal ’n nuwe lostrio moet kies met die baljagter Roelof Smit wat onder die mes was nadat hy in die Brumbies-wedstryd ’n ligament in sy regterknie geskeur het.

Jannes Kirsten en Hanro Liebenberg het van hulle beserings herstel en sal oorweeg kan word in Smit se plek.

Die vleuel Travis Ismaiel, wat vroeër die maand in Washington ’n Springbok geword het teen Wallis, sukkel met ’n ligte besering en sal ook nie saam reis Singapoer toe nie.

In die voorry is die Bulle voorts sonder Trevor Nyakane.

Dié Bokstut het ’n ribbesering opgedoen by een van die Springbokke se oefensessies en hy sal dalk vir aanstaande naweek se wedstryd teen die Jaguares in Pretoria oorweeg word.

Die Bulle is reeds sonder die stutte Lizo Gqoboka (toon) en Frans van Wyk (enkel), maar Pierre Schoeman is weer beskikbaar nadat hy sy skorsing uitgedien het.

John Mitchell (Gallo Images)

Mitchell sal hoop dat sy agttal in die oorblywende wedstryde in die reeks genoeg ervaring en spierkrag sal hê met die span wat ’n geringe kans het om die uitspeelronde te haal.

Sonder Lood de Jager (borsspier), wat eers in 2019 sal terugkeer, Smit, Gqoboka en Tim Agaba, wat ook nie weer vanjaar in aksie sal wees nie, word die Bulle se diepte voorlangs getoets.

Die Bulle is onderaan die puntelys in die Suid-Afrikaanse afdeling en moet al drie hulle oorblywende wedstryde met bonuspunte wen in die hoop om dalk by die uitspeel-agterdeur in te glip.

Meer oor:  Handre Pollard  |  John Mitchell  |  Pretoria  |  Rugby  |  Bulle  |  Superrugby  |  Brumbies  |  Beserings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.