Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Bulle se stutspens is reeds leeg

Die Bulle gaan die nuwe seisoen binne met albei hul Springbok-stutte, Trevor Nyakane en Lizo Gqoboka, wat beseer is.

Nyakane, vanjaar die Bulle se onderkaptein, sukkel steeds met die kuitbesering wat sy Wêreldbeker-deelname verlede jaar voortydig beëindig het.

Lizo Gqoboka (links) en Trevor Nyakane is albei op die Bulle se beseringlys. Foto: Gallo Images

Sy stutvennoot, Gqoboka, wat aan die einde van verlede seisoen aan Montpellier geleen is nadat hy nie die WB-groep gehaal het nie, het las van ’n kniebesering.

Pote Human, die Pretorianers se hoofafrigter, sal die duo ten alle koste in sy agttal wil hê wanneer die Superreeks aan die einde van die maand begin.

Veral gegewe die Bulle-pak wat vanjaar minus Duane Vermeulen, RG Snyman, Lood de Jager, Jason Jenkins en Schalk Brits is.

“Ons sal Maandag weet hoe sake daar uitsien. Dit lyk of Lizo dalk nie teen die Haaie (in die eerste ronde op 31 Januarie) sal kan speel nie.

Ek is bekommerd oor Stoney. Hy is ’n speler wat alles gee, maar dit kan nie goed wees vir iemand om so baie kopbeserings te kry nie.

“Trevor sal ook nie volgende naweek teen Tukkies speel nie. Albei is sleutelspelers, veral nadat ons so baie ervaring voorlangs verloor het en ons sal hulle genoeg tyd gee om 100% te wees.”

Daar is boonop onsekerheid oor die losvoorspeler Ruan Steenkamp se beskikbaarheid.

Hy het verlede seisoen ná afloop van die Curriebeker-reeks ’n korttermyn-kontrak met Edinburgh gesluit.

Steenkamp het net een wedstryd vir die Skotse span gespeel voordat hy die soveelste keer harsingskudding opgedoen het.

“Ek is bekommerd oor Stoney. Hy is ’n speler wat alles gee, maar dit kan nie goed wees vir iemand om so baie kopbeserings te kry nie.

“Ons sal hom Maandag deeglik evalueer. Ek wil beslis nie daarvoor verantwoordelik wees dat sy loopbaan vroeg tot ’n einde kom nie.”

Daar is geen aanduiding wanneer die Bulle se aanwins uit Tonga, Nafi Tuitavake, by die groep gaan aansluit nie.

“Ons het nog niks gehoor nie. Hopelik kry hy gou sy visum, want ons sal verkies dat hy so gou moontlik by ons inval.”

Daar is baie jong outjies wat moet hand opsteek en dit is ’n opwindende vooruitsig.

Human sê die Bulle is vanjaar beter voorbereid as wat ’n jaar gelede die geval was.

“Ons het verlede seisoen tot op die laaste gewag vir ’n paar spelers om uit Japan terug te keer en ons het tot dusver nie sulke ontwrigting gehad nie.

“Die uitdaging in die voorseisoen was om die spelers behoorlik te kondisioneer en baie aandag te gee aan vaardighede, maar sonder om hulle te ooroefen.

“Die kompetisie begin vanjaar so vroeg en ons moes ’n ander benadering gehad het.”

Die belowende groentjie Muller Uys. Foto: Gallo Images

Die Bulle-breier benadruk die volgende twee naweke sal proewe wees.

Twee spanne speel aanstaande Saterdag teen die Tukkies, terwyl die Bulle op 19 Januarie op Superheld-Sondag teen die Leeus speel.

Nog ’n Bulle-span sal die Vrydag (17 Januarie) op Loftus se B-veld teen ’n Leeus-vyftiental opwarm.

“Daar is baie jong outjies wat moet hand opsteek en dit is ’n opwindende vooruitsig.”

Die 20-jarige agtsteman Muller Uys is een van die jong manne wat waarskynlik gouer as later sy Superrugby-buiging sal maak.

“Muller het my geweldig baie beïndruk met die manier waarop hy in die voorseisoen geoefen het.

“Ek het reeds vir hom gesê hy maak dit baie moeilik vir my om hom nié te kies nie,” sê Human.

Meer oor:  Beseer  |  Lizo Gqoboka  |  Bulle  |  Superrugby  |  Trevor Nyakane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.