Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Bulle soek punte-buffer voor toer

Bestendigheid.

’n Kenmerk van enige kampioenspan en vanjaar die achilleshiel van ál die plaaslike Superrugby-spanne.

Die Haaie het onlangs die Suid-Afrikaanse spanne se chroniese wisselvalligheid in die kompetisie beklemtoon toe hulle die Leeus skouspelagtig 42-5 in Johannesburg verniel het en enkele dae later met 17-51 teen die Jaguares slae gekry het in die Haaitenk.

Die Springbok-losskakel Handré Pollard gee die bal voor aanstormende verdedigers uit in ’n oefensessie van die Bulle. Foto: Gallo Images

So ook die Bulle, wat verlede maand so indrukwekkend was teen die Leeus en die Haaie en toe in Pretoria teen die sukkelende Chiefs skandes gemaak het.

Die Stormers het voorverlede week die voorste span in die Aussie-afdeling, die Rebels, oortuigend in Melbourne verslaan en toe die afgelope Saterdag teen die Brumbies op Nuweland gegly.

Handré Pollard, kaptein van die Bulle, sê dit is deurgaans sy span se doelwit om nie insinkings te hê nie.

“Bestendigheid is iets wat ons altyd nastreef. Ons slaag nie altyd daarin nie.

“Dit is nou nog van groter belang, met ons wat nog drie weke in Suid-Afrika is voordat ons gaan toer.

“Ons moet die beste daarvan maak. Die Stormers het klaar getoer en sal nou by die huis momentum wil kry.”

Die Bulle kom Saterdag by Nuweland aan in die hoop om ’n buffer op die puntelys in die Suid-Afrikaanse groep op te bou.

Niemand in ons groep het al teen die Stormers op Nuweland gewen nie. Dit gee ons groot motivering, maar ons kan nie toelaat dat dit ’n oorheersende faktor is nie.
Handré Pollard

Pollard-hulle kom daarna op Loftus teen die Waratahs en die Crusaders te staan voordat hulle op die vliegtuig na Australasië klim vir ’n toer, wat lotsbepalend sal wees vir die span se 2019-veldtog.

Voor dan het die Bulle ’n “driekuns” van wegseges oor die Suid-Afrikaanse spanne in die visier.

Pollard sê dit is nie ’n fokuspunt vir die besoekers nie.

“As dit so uitwerk sal dit baie lekker wees, maar Nuweland is ’n ander plek.

“Dit was lekker gewees om die Leeus vir die eerste keer in ’n lang ruk op Ellispark te klop.

“Niemand in ons groep het al teen die Stormers op Nuweland gewen nie. Dit gee ons groot motivering, maar ons kan nie toelaat dat dit ’n oorheersende faktor is nie.”

Die Springbok-agtsteman Duane Vermeulen kan hom staal vir ’n kil ontvangs op sy ou tuisveld.

Vermeulen, wat in 2015 die Stormers in die reeks aangevoer het, is aan die begin van die seisoen uitgejou in die Kaapstad-stadion toe die Bulle en die Stormers in ’n opwarmwedstryd gespeel het.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Stormers  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.