Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Die Bulle staan by Nollis, sê Barend

Nollis Marais, die Bulle se hoofbreier, het in ’n week van selfondersoek by Loftus Versfeld opnuut ’n mosie van vertroue gekry.

Barend van Graan / Foto: Gallo Images

Omgekrapte Bulle-ondersteuners soek indringende ingryping, by hul span wat sover net een uit ses wedstryde in die Superrugby-kompetisie kon wen, maar Marais se pos is nie in gedrang nie.

Marais het die afgelope week met die Bulle se rugbybase vergader om onder meer te verduidelik wat op die span se toer in Nieu-Seeland en Japan verkeerd geloop het.

Die Bulle het teen die Blues, Chiefs en die Sunwolves verloor.

Dit is Marais se tweede seisoen as Superrugby-afrigter.

Barend van Graan, die Blou Bulle Maatskappy (BBM) se uitvoerende hoof, sê dit is verstaanbaar dat daar “groot teleurstelling en baie vrae” onder ondersteuners is.

“Die span is onder massiewe druk en die ondersteuners se ongelukkigheid gee ons perspektief.

“Dit is belangrik dat ons die situasie omdraai en daar was die week eerlike gesprekke met die afrigter (Marais) en lede van sy afrigtingspan.

“Almal is teleurgesteld en besef die erns van die situasie. Nollis het ons volle ondersteuning.”

Marais het vroeër die week gesê hy neem volle verantwoordelikheid vir die historiese nederlaag teen die Sunwolves in Tokio.

Hy het Donderdag by die spanaankondiging gesê hy is streng, maar hy gaan nie spelers “links en regs uitlaat nie”.

“Daar is baie druk en die spelers ervaar dit. Elkeen weet wat van hom verwag word en dit sal onnodig wees om bykomende druk op hulle te laai.

“Ek sê nie daarmee spelers kan aanhou droogmaak sonder dat hulle uit die span gelaat sal word nie. Die spelers moet die selfvertroue hê om hulself uit te leef op die veld.”

Daar het in die verlede soveel groot legendes op Loftus gespeel en ons wil nie hulle of die ondersteuners in die steek laat nie.
Die Bulle-kaptein, Adriaan Strauss

’n Yl skare word Saterdag op Loftus verwag wanneer die Bulle gasheer speel vir die Jaguares.

Die Bulle-kaptein, Adriaan Strauss, sê hulle besef daar rus ’n groot verantwoordelikheid op hul skouers.

“Daar het in die verlede soveel groot legendes op Loftus gespeel en ons wil nie hulle of die ondersteuners in die steek laat nie.”

Van Graan sê die span se vertonings vanjaar is nie “ideaal” nie, met twee van Suid-Afrika se ses Super-franchises wat binnekort die trekpas gaan kry.

“Dit is onsekere tye vir al die franchises,” sê hy.

Superrugby-bepalings

Superrugby-uitslae

Superrugby-puntelyste

Meer oor:  Nollis Marais  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.