Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Bulle uiteindelik beloon vir harde werk – Gelant

Liewer laat as nooit, sê die Bulle-heelagter, Warrick Gelant, wanneer jy hom uitvra oor sy span se onverwagse Superrugby-sege oor die Haaie Vrydagaand in Durban.

Duncan Matthews (links) en Jan Serfontein (nr. 12) wens Vrydagaand vir Warrick Gelant geluk nadat hy een van sy drie drieë teen die Haaie in Durban gedruk het. Foto: Gallo Images

Die Bulle het met hope ondernemingsgees by die Haaitenk opgedaag en met 30-17 geseëvier.

Gelant het in die proses drie keer agter die tuisspan se doellyn gaan draai en ondersteuners daaraan herinner dat hy een van die groot gevaarmanne in Suid-Afrikaanse rugby is.

“Dit is ’n bietjie laat (die Bulle is uit die uitspeel-wedloop), maar dit is lekker om uiteindelik beloon te word vir al die harde werk deur die seisoen.

“Dit is iets wat ons al lank nastreef en dit was goed vir ons selfvertroue.”

Gelant sê die meeste Bulle het ná die Junie-toetsgleuf met nuwe ywer en energie by Loftus Versfeld aangekom.

Die meeste spelers het vir die Springbokke of die Suid-Afrikaanse A-span gespeel, terwyl van die ander Bulle aan die tiene-toernooi in Mauritius deelgeneem het.

“Ek dink dit was nodig dat ons in ’n ander omgewing kom om ’n bietjie perspektief te kry.

“Al die ouens was oorgehaal om goed teen die Haaie te speel en die uitdaging is om dit nou voort te sit in ons laaste twee wedstryde.”

Die Bulle kom Saterdag op Loftus Versfeld teen die Southern Kings te staan.

Ek sal graag eers net by die Bulle ’n verskil wil maak.

“Dit is lekker om met meer selfvertroue te speel. Ons is dit aan ons ondersteuners en onsself verskuldig.”

En wanneer laas het ons ’n driekuns soos Vrydagaand s’n gevier?

“Jis, ek kan nie onthou wanneer laas ek ’n drie gedruk het nie. Dit is skaars die seisoen, maar dit is altyd lekker.”

Daar word ná die 22-jarige boorling van Knysna se vertonings die afgelope ruk weer van hom as ’n toekomstige Springbok gepraat.

Gelant gooi vinnig wal en sê beskeie hy dink nog nie aan toetsrugby nie.

“Ek sal graag eers net by die Bulle ’n verskil wil maak. In Superrugby moet jy bestendig wees en elke naweek so kan speel.

“Jy gaan nooit ’n perfekte speler wees nie. Daar is baie waaraan ek nog moet werk. Ek glo jy moet aan jou swak punte skaaf, maar nie jou sterk punte in die proses agterweë laat nie.”

Meer oor:  Blou Bulle  |  Sport  |  Warrick Gelant  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.