Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Bulle volhard met Steyn op losskakel

Jaco Visagie en Johnny Kotze sal Saterdag in hulle 50ste wedstryde in die Superreeks speel wanneer die Bulle die Blues op Loftus Versfeld aanvat.

Johnny Kotze bereik Saterdag ’n Superrugby-mylpaal. Foto: Gallo Images
Die Bulle-haker Jaco Visagie sal teen die Blues in sy 50ste Superrugby-stryd speel. Foto: Gallo Images

Visagie het in 2015 sy buiging op dié vlak vir die Pretoriase span gemaak, terwyl Kotze sy eerste treë in die kompetisie vir die Stormers gegee het.

Pote Human, die span se hoofafrigter, het net een verandering aan sy span gemaak wat voorverlede week teen die Stormers begin het – Wian Vosloo neem langs die kant van die skrum by Abongile Nonkontwana oor.

Daar is ook twee veranderings onder die voorspelers op die plaasvervangersbank. Corniel Els vervang die beseerde Johan Grobbelaar en Ruan Steenkamp neem Vosloo se plek op die bank in.

Human volhard ook met Morné Steyn op losskakel, ondanks talle ondersteuners wat vra dat Manie Libbok meer speeltyd moet kry.

“Daar word reën vir Pretoria voorspel die naweek en hy kan waardevol wees op ’n nat veld. Ons hoop nie dit reën nie, maar ons is voorbereid daarvoor.”

Bulle: Warrick Gelant, Cornal Hendricks, Johnny Kotze, Burger Odendaal (k), Rosko Specman, Morné Steyn, Ivan van Zyl, Josh Strauss, Wian Vosloo, Jeandré Rudolph, Juandré Kruger, Andries Ferreira, Trevor Nyakane, Jaco Visagie, Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Corniel Els, Gerhard Steenekamp, Wiehahn Herbst, Ruan Nortjé, Ruan Steenkamp, Embrose Papier, Manie Libbok, Divan Rossouw.

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Loftus Vers­Feld  |  Pretoria  |  Blues  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.