Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Bulle wil senter Ruhan Loftus toe lok
Vincent Koch op die aanval vir Saracens. Foto: Getty Images

Vincent Koch en Ruhan Nel kan van die twee groot kanonne wees wat die Bulle gaan invoer om hul span aanstaande jaar te versterk.

Die 30-jarige Koch beplan om voor volgende jaar se besoek van die Britse en Ierse Leeus aan Suid-Afrika vir ’n maand of twee vir die Bulle te speel om sy wedstrydskerpheid aan Rassie Erasmus en Jacques Nienaber te bewys.

Koch se agent, Gert van der Merwe, het aan Rapport bevestig dat hy by sy Engelse klubspan Saracens gaan aanbly.

Saracens word aan die einde van die Engelse seisoen uit die Premierliga gerelegeer.

“Ons kyk wel na verskillende opsies wat leenooreenkomste betref,” het Van der Merwe by navraag gesê.

Ruhan Nel
Ruhan Nel. Foto: Gallo Images

Die 28-jarige Nel is op die Bulle se inkopielys omdat die Bulle twee van hul senters, Johnny Kotze en Stedman Gans, kan verloor.

Die 23-jarige Gans, wat vanjaar groot indruk vir die Blitsbokke gemaak het, wil hom later vanjaar ná die Olimpiese Spele (indien dit wel voortgaan) in die vyftienmankode as ’n buitesenter probeer vestig en Superrugby speel.

Hy is nog tot ná volgende jaar se Superreeks deur die Bulle gekontrakteer, maar die Stormers se belangstelling is glo aanloklike aas.

Die 27-jarige Kotze het ’n aanbieding van die Bulle ontvang. Hy het ook ’n aanbod van die Franse klubspan Bayonne en ’n Japanse klubspan om oor te besin.

Nel kry egter nie net belangstelling uit Pretoria nie, maar daar is ook Italiaanse en Franse klubspanne wat voelers na die onderskatte buitesenter van die Stormers uitsteek.

Die Stormers self sal hom waarskynlik ook wil behou.

Jake White

Rapport verneem Jake White, wat geoormerk is vir die pos van direkteur van rugby by die Bulle, het reeds begin ondersoek instel watter ander groot name beskikbaar is om volgende jaar hul tuiswedstryde op Loftus te speel.

Slotte is hoog op sy inkopielys. White se probleem is dat baie van die slotte waarin hy belang stel, soos Montpellier se Jacques du Plessis, gekontrakteer is.

Meer oor:  Jake White  |  Bulle  |  Superrugby  |  Vincent Koch  |  Ruhan Nel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.