Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Bulle wil Tongaanse senter lok

Die Bulle is hoopvol dat hulle vroeg in 2020 ’n kontrak met die Tongaanse senter Nafi Tuitavake kan finaliseer.

Die Kiwi-Tongaan Nafi Tuitavake is op pad Pretoria toe om hom vir die Superreeks by die Bulle aan te sluit. Foto: Getty Images

Gebeur dit wel, sal die 30-jarige Tuitavake, wat Tonga vanjaar in Japan in die Wêreldbeker-toernooi verteenwoordig het, die volgende twee seisoene vir die Bulle uitdraf.

Alfons Meyer, uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy (BBM), het bevestig hulle is in “gevorderde kontrakgesprekke” met dié Nieu-Seelander van geboorte.

Die kontrak is onderhewig daaraan dat Tuitavake ’n visum en werkpermit moet bekom.

Die Bulle het die afgelope ruk gesoek ná ’n buitesenter met internasionale ervaring as ’n opvolger vir die Springbok Jesse Kriel, wat sy loopbaan in Japan gaan voortsit het.

Die 30-jarige Tuitavake, wat dodelik op die aanval is, word by Loftus Versfeld beskou as ’n ideale toevoeging in ’n agterlyn met ander gevaarmanne soos Warrick Gelant, Rosko Specman, Cornal Hendricks en Manie Libbok.

Tuitavake, die jonger broer van die voormalige All Black Anthony, het in die Wêreldbeker-groepwedstryd teen Engeland sy arm gebreek en sal ook ’n mediese toets moet slaag as hy in Pretoria aankom.

Hy het in 2014 vir die Crusaders in die Superreeks gespeel en meer onlangs vir die Northampton Saints in Engeland.

As Tuitavake wel eersdaags sy buiging vir die Bulle maak, sal hy in die voetspore volg van ander Suidsee-eilanders soos Trevor Leota, (Cheetahs) en Sireli Naqelevuki (Stormers), wat voorheen vir Suid-Afrikaanse franchises Superrugby gespeel het.

Die Bulle hoop Tuitavake sal reeds beskikbaar wees wanneer daar op 11 Januarie met twee vyftientalle teen spanne van die Tukkies litte losgemaak word.

Op 19 Januarie speel die Bulle in die FNB-stadion buite Johannesburg op Superheld-Sondag teen die Leeus, voordat hulle op 31 Januarie hul Superrugby-aanslag teen die Haaie in Durban begin.

Hoewel daar verskeie talentvolle jong senters by die Bulle op die voorgrond tree, is die kaptein, Burger Odendaal, Johnny Kotze en Dylan Sage die enigste spelers wat gekonfyt is in dié kompetisie.

Meer oor:  Nafi Tuitavake  |  Blou Bulle Maatskappy  |  Bulle  |  Alfons Meyer  |  Bbm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.