Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Bulle wil wéér partytjie in Haaitenk bederf
Jesse Kriel sal oorgehaal wees om Saterdag in die Haaitenk te wys dat hy die beste buitesenter in Suid-Afrikaanse rugby is. Foto: Gallo Images

Daar is sowat ’n jaar gelede gespot dat die Haaitenk, en nie Loftus Versfeld nie, na dese die Bulle se tuisveld is.

Dit is nadat die Bulle die Haaie teen die verwagtinge in met 40-10 in die spanne se Superrugby-kragmeting in Durban verslaan het.

Die Bulle het die afgelope paar seisoene ’n gewoonte daarvan gemaak om die Haaie se partytjie op hul tuisveld te bederf.

Jy kan maar weet die resep wat daardie dag – en vroeër die maand op Loftus – welslae gebring het, sal weer in die besoekers se repertoire wees wanneer hulle Saterdag op Kings Park kragte meet.

e Bulle-agttal moet voor roer en die Springbok-losskakel Handré Pollard, wat dié seisoen van sy beste rugby nóg speel, moet die Haaie met die voet uit die wedstryd hou.

Dit behels in kort: Die Bulle-agttal moet voor roer en die Springbok-losskakel Handré Pollard, wat dié seisoen van sy beste rugby nóg speel, moet die Haaie met die voet uit die wedstryd hou.

Verlede seisoen was die opbrengs ’n driekuns aan drieë vir die heelagter Warrick Gelant, maar dié bloudruk gaan nie altyd mooi wees nie.

Daar rus ’n swaar las op Pollard.

Gooi die Bulle nie in die enjinkamer kole nie, soos die afgelope Saterdag teen die Chiefs, word daar onwillekeurig gesê hy is te wisselvallig.

In die ander hoek van die kryt het jy sy direkte teenstander, Robert du Preez jr., en hy kan enige dag net so invloedryk soos die Springbok-nr.1 wees.

Du Preez staan agter Pollard, Elton Jantjies en Damian Willemse in die nasionale rangorde en het baie om te bewys.

Handre Pollard mik pale toe. Foto: Gallo Images

Pollard het Du Preez drie naweke gelede heeltemal oorskadu toe die spanne op Loftus Versfeld gespeel het.

“Daar is ses Springbokke in hul agterlyn en hulle is van wêreldgehalte.

“Kombineer dit met ’n baie fisieke agttal en jy besef wat op jou wag.

“Daar is nie een speler wat uitstaan as ’n groot gevaarman nie en dit gaan ’n spanpoging van ons verg om hulle in toom te hou,” het Pollard die afgelope week gesê.

Dit is nie net op losskakel waar daar fel wedywering sal wees nie.

Jesse Kriel en Lukhanyo Am is die twee voorste buitesenters in Suid-Afrikaanse rugby en hulle tweestryd kan ’n goeie rigtingwyser vir die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, wees.

Ditto die Bulle-stutte, Lizo Gqoboka en Trevor Nyakane, wat die ervare Coenie Oosthuizen en Tendai Mtawarira takel, om nie eens van die hakerstryd tussen Schalk Brits en Akker van der Merwe te praat nie.

Du Preez sr, die Haaie-afrigter, het Saterdag gesê die blits Makazole Mapimpi moet in dié stadium die voorste vleuel in die land wees.

Die ou jakkals Cornal Hendricks neem teenoor hom stelling in en dit kan self interessant wees.

Meer oor:  Handre Pollard  |  Robert Du Preez  |  Pretoria  |  Durban  |  Haaie  |  Bulle  |  Rugby  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.