Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Bulle se Burger, Cornal vlieg huis toe

Daar is ’n ongewenste stukkie statistiek wat teen die Bulle tel wanneer hulle Saterdag net ná ontbyt (SA tyd) teen die Reds aantree in Brisbane.

Elk van die laaste 13 Superrugby-kragmetings tussen die franchises was in die tuisspan se guns.

Embrose Papier ontwyk verlede week ’n teenstander op Loftus Versfeld. Foto: Gallo Images

Voeg daarby die chroniese onbestendigheid van die Suid-Afrikaanse spanne in die kompetisie en vlugflouheid – en dit is duidelik die Reds in die Suncorp-stadion is ’n veilige voorspelling op Superbru.

Die toerspan het boonop Vrydag die dubbele slag gehad met die kaptein, Burger Odendaal, en Cornal Hendricks wat met beserings terugkeer huis toe.

Odendaal se beseerde enkel het weer opgevlam en Hendricks het ’n kniebesering opgedoen.

Franco Naudé vervang Odendaal en Divan Rossouw is die nuwe regtervleuel.

Die Bulle is nietemin vol planne om verlede Saterdag se skitterende poging in die tweede helfte teen die Highlanders voort te sit.

Die voormalige Bok-afrigter André Markgraaff het verlede seisoen ’n groot stelling gemaak toe hy gesê het Suid-Afrikaanse rugbyspelers is te sag in die kop om Saterdag ná Saterdag knap vertonings te lewer.

Veral die Bulle het hulle die afgelope klompie seisoene hieraan skuldig gemaak: pure bul die een naweek en ’n flou bul die volgende.

Pote Human, afrigter van die Pretorianers, het vandeesweek daarna verwys.

Daardie 33 punte ná rustyd teen die Highlanders was voortreflik, maar kan die Bulle dít handhaaf?

Die Reds is sonder die oud-Stormer JP Smith in die voorry en, hoewel hulle ’n week gelede heel skaflik was teen die Crusaders, is dit kwalik ’n agttal wat jy as gedug kan beskryf.

Daar is geen rede waarom die Bulle-pak nie sy stempel op die wedstryd kan afdruk nie.

Dit is wat agter die oond gebeur waar die ontmoeting se uitslag waarskynlik bepaal sal word.

Manie Libbok en Embrose Papier teen James O’Connor en die Samoaan Scott Malolua.

Malolua is al 26, maar sou waarskynlik al ’n Wallaby gewees het as hy nie besluit het om vir sy geboorteland toetsrugby te speel nie.

Die wedywering tussen die losskakels kan bepalend wees, maar Papier het net so baie om te bewys.

Dit is nie dat hy nie aan die verwagtinge voldoen nie, maar hy doen nie naastenby die belofte wat hy op skoolvlak gewys het, gestand nie.

’n Man met sy aanvallende vernuf moet meer as net ’n skakel tussen voor en agter wees.

Dit is ’n belangrike jaar vir Papier. Dit is ’n seisoen waarin hy moet bewys Rassie Erasmus se oordeel het hom nie in die steek gelaat toe hy hom in 2018 ’n Springbok-baadjie gegee het nie.

Reds: Jock Campbell, Bryce Hegarty, Chris Feauai-Sautia, Hamish Stewart, Henry Speight, James O’Connor, Scott Malolua, Harry Wilson, Liam Wright (k), Lukhan Salakaia-Loto, Harry Hockings, Angus Blyth, Taniela Tupou, Alex Mafi, Dane Zander. PLAASVERVANGERS: Ed Craig, Harry Hoopert, Josh Nasser, Angus Scott-Young, Fraser McReight, Tate McDermott, Isaac Lucas, Filipo Daugunu.

Bulle: Warrick Gelant, Divan Rossouw, Johnny Kotze, Franco Naudé, Rosko Specman, Manie Libbok, Embrose Papier, Muller Uys, Josh Strauss, Marco van Staden, Ruan Nortjé, Ian Groenewald, Trevor Nyakane (k), Jaco Visagie, Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Corniel Els, Gerhard Steenekamp, Wiehahn Herbst, Ryno Pieterse, Ruan Steenkamp, Ivan van Zyl, Morné Steyn, Marco Janse van Vuren.

  • Afskop: 10:15.
  • Skeidsregter: Mike Fraser (NS).
  • Assistent-skeidsregters: Rasta Rasivhenge (SA), Graham Cooper (Aus).
  • TV-skeidsregter: George Ayoub (Aus).

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Reds  |  Bulle  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.