Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Canes se grootkanonne terug

Die Hurricanes sal die naweek weer op ’n paar groot kanonne se knoppies druk om die Haaie in Saterdag se Super-kragmeting by Kingspark in Durban te probeer omdop.

Die Hurricanes se haker Dane Coles keer Saterdag teen die Haaie terug van sy kuitbesering af. Foto: Getty Images

Dane Coles en Gareth Edwards keer albei terug na die span se 23-tal, terwyl Beauden Barrett ook weer op sy pos as die span se generaal sal wees.

Coles, wat aan die begin van die seisoen as die span se kaptein aangewys is, is op die plaasvervangersbank ingesluit en sal die eerste keer uitdraf sedert hy in die vyfde week van die reeks ’n kuitbesering opgedoen het wat hom ’n geruime tyd langs die kantlyn gehou het.

Die skrumskakel TJ Perenara sal weer die leisels as kaptein oorneem.

Evans, wat self met ’n kuitbesering gesukkel het, sal die eerste keer weer sy slag kan wys sedert sy span op 23 Februarie deur die Crusaders met 38-22 kafgedraf is. Hy tel ook onder die plaasvervangers.

Ricky Riccitelli en Heiden Bedwell-Curtis mis die week uit op die span.

Barrett, wat verlede week die span se nederlaag teen die Jaguares in Wellington misgeloop het, sal hoop om die Haaie hoofbrekens te gee en die Kiwi’s se agterlyn te laat vlamvat.

Die agtsteman Reed Prinsep is ook weer tot die beginspan bevorder, met Du’Plessis Kirifi wat na die bank toe skuif en die kantman Ardie Savea wat weer by die beginspan ingesluit is.

Kane Le’aupepe vervang Isaia Walker-Leawere op slot, terwyl Fraser Armstrong ook van ’n besering herstel het en sy plek onder die plaasvervangers sal inneem, met Chris Eves wat uitval.

Vir die veelsydige agterspeler James Marshall sal dit ook ’n spesiale geleentheid wees indien hy deur die loop van die wedstryd opgestuur word.

Marshall sal dan in sy 50ste wedstryd vir die Hurricanes speel.

In 2018 het die Hurricanes die Haaie se harte gebreek toe hulle met 38-37 naelskraap die pyp gerook het.

Die Durbaniete hoop om Saterdag voor hul tuisskare die bordjies te verhang.

* Die Hurricanes se span is: Jordie Barrett, Wes Goosen, Matt Proctor, Ngani Laumape, Ben Lam, Beauden Barrett, TJ Perenara (k), Reed Prinsep, Ardie Savea, Vaea Fifita, Kane Le’aupepe, James Blackwell, Jeff To’omaga-Allen, Asafo Aumua, Toby Smith. PLAASVERVANGERS: Dane Coles, Fraser Armstrong, Ross Geldenhuys, Isaia Walker-Leawere, Du’Plessis Kirifi, Gareth Evans, Richard Judd, James Marshall. – Sportredaksie

Meer oor:  Beauden Barrett  |  Dane Coles  |  Durban  |  Haaie  |  Superrugby  |  Hurricanes  |  Superrugby-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.