Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Scott vol lof vir ‘Cape Crusaders’

Daar word gereeld na Crusaders-wedstryde op Nuweland as “tuiswedstryde” vir die Kiwi-span verwys, so groot is die verdedigende Superrugbykampioen se ondersteunersbasis in Kaapstad.

Scott Robertson, afrigter van die Crusaders. Foto: Getty Images

Die span van Christchurch het Saterdag met 45-13 met die Bulle in Pretoria afgereken en pak die naweek die sukkelende Stormers in die Moederstad.

Wanneer die Crusaders se uitstekende spelpeil in ag geneem word, asook hul sterk ondersteuning danksy die plaaslike “Cape Crusaders”, kan sake Saterdag lelik raak vir die tuisspan.

Daar is verskeie redes vir die Crusaders se gewildheid in Kaapstad. Sommige is polities gemotiveerd, met rugbykykers wat besluit het om die Stormers en Springbokke tydens apartheid te boikot en vir die Kiwi’s te skree, terwyl ander eenvoudig net mal is oor die tipe rugby wat die Nieu-Seelanders opdis.

Rugby365 berig die besoekers se afrigter, Scott Robertson, meen die Cape Crusaders gaan ’n kardinale rol speel in die uitslag van Saterdag se wedstryd en sê die groep verskaf altyd ’n “genotvolle element” op die dag.

“Ons het ’n uitstekende ondersteunersbasis daaronder (in Kaapstad),” sê Robertson.

“Ons was laas in 2013 daar gewees, so dit is ’n rukkie terug.” Die Crusaders het daardie wedstryd naelskraap met 19-14 gewen.

“Ek dink as ’n groep is daar ’n paar gesprekke wat voor Saterdag moet plaasvind. Dit is ’n groot begin tot die week, maar dit is altyd lekker daar.”

– Sportredaksie

Superrugby-bepalings

Superrugby-puntelyste

Superrugby-uitslae

Meer oor:  Crusaders  |  Superrugby  |  Scott Robertson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.