Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Carter speel nou Superrugby vir die Blues
Die legendariese All Black-losskakel Dan Carter en die All Black-ster Beauden Barrett oefen saam by die Blues. Foto: Getty Images

Die voormalige All Black-losskakel Dan Carter het ná ’n afwesigheid van vyf jaar ’n verrassende terugkeer na Nieu-Seelandse plaaslike rugby gemaak deur hom by die Auckland Blues aan te sluit.

Carter het Donderdag ná sy eerste oefensessie saam met die Blues bevestig hy gaan vir dié span in die Aotearoa-reeks uitdraf.

Die kompetisie word oor 10 weke deur al vyf Nieu-Seelandse Superrugbyspanne beslis en begin op 13 Junie.

“Dit is ’n geleentheid om my rugbystewels aan te trek . . . of ek nou speel of nie,” sê toetsrugby se voorste puntemaker.

“Ek het maande laas gespeel so dit sal ’n hele klompie weke wees voordat ek gereed is om oorweeg te word. Maar dan ook net as my spelpeil goed genoeg is. Ek is fiks, maar nie rugbyfiks nie.

Die 38-jarige Carter het sy beroepsloopbaan by die Canterbury Crusaders deurgebring voordat hy ná die Wêreldbekertoernooi in 2015 sy rugby in Frankryk gaan speel het.

Hy het die afgelope twee seisoene vir die Kobelco Steelers in Japan uitgedraf voordat die Covid-19-pandemie die Top-liga vir 2020 kortgeknip het.

Carter het in April gesê hy sal nie na Japan terugkeer nie maar dat hy nie uitgetree het nie, en ’n gesprek met een van sy seuns het hom oortuig om ’n kontrak met die Blues te teken.

“Ek veronderstel dit bied my die geleentheid om my passie te beoefen en om aan die einde van die dag na my huis terug te keer en saam met my gesin te wees,” sê Carter.

“Die feit dat ek kan rugby speel in dieselfde stad waar my kinders skoolgaan speel ’n sleutelrol hoekom ek vandag hier is.”

– Reuters

Meer oor:  Blues  |  Beauden Barrett  |  Toetsrugby  |  Superrugby  |  Aotearoa-Reeks  |  All Blacks  |  Dan Carter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.