Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Cheetahs hou wéér asem op oor Sergeal

Die Cheetahs se vleuel Sergeal Petersen is in ’n wedloop teen tyd om fiks te wees vir sy span se Superrugby-wedstryd Saterdag teen die Bulle.

Die Cheetahs se regtervleuel, Sergeal Petersen.

Petersen het die afgelope naweek in die tuiswedstryd teen die Chiefs sy terugkeer tot die veld gemaak nadat hy herstel het van ’n dyspierbesering. Dit was net sy tweede wedstryd van die seisoen nadat hy in die Cheetahs se eerste wedstryd teen die Leeus ’n kniebesering opgedoen het.

Petersen sou Dinsdagmiddag ’n dokter gaan spreek het om die omvang van sy dyspierbesering te bepaal en daar word asem opgehou oor sy beskikbaarheid.

Hy het goed vertoon teen die Chiefs, maar dit was duidelik dat hy nog wedstrydtyd nodig het.

Petersen het erken sy dyspier pla hom, maar hy is nietemin hoopvol dat hy oorgehaal sal wees vir Saterdag se stryd op Loftus Versfeld.

Die breier van die Cheetahs, Franco Smith, hou sy kaarte intussen styf teen die bors voor sy span se herontmoeting met die Bulle.

In die spanne se vorige ontmoeting in Bloemfontein was die Cheetahs met 34-28 aan die wenkant.

In Petersen se afwesigheid is spelers soos Rayno Benjamin, Ruan van Rensburg, JW Jonker en Nico Lee op vleuel ingespan.

Smith behoort darem nie slapelose nagte te hê oor Petersen se plaasvervanger nie. In Petersen se afwesigheid is spelers soos Rayno Benjamin, Ruan van Rensburg (wat by uitstek ’n skrumskakel is), JW Jonker en Nico Lee op vleuel ingespan.

Jonker het nie teleurgestel toe hy teen die Haaie losgelaat is nie. Lee het op sy beurt noodgedwonge op vleuel teen die Stormers gespeel en dit was nie sy beste wedstryd in ’n Cheetah-trui nie.

Lee is ’n uitsonderlike senter wat in daardie posisie saam met sy kaptein en sentermaat Francois Venter hul teenstanders aan flarde hardloop.

As ’n laaste opsie kan Smith vir Luther Obi oorweeg. Hy het hom ’n paar weke gelede van die Bulle af by die Cheetahs aangesluit.

Obi is as plaasvervanger teen die Stormers gebruik, maar dit is duidelik dat hy nog nie so goed vertroud is met die Cheetahs se manier van doen nie.

Superrugby-bepalings

Superrugby-uitslae

Superrugby-puntelyste

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.