Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Cheetahs kies wéér ’n senter op vleuel
William Small-Smith sal Saterdag teen die Bulle die sesde regtervleuel wees wat die Cheetahs in agt Superrugby-wedstryde inspan.Foto: Mlungisi Louw

Die Cheetahs gaan Saterdag in Pretoria teen die Bulle met hul sesde regtervleuel in agt Superrugby-wedstryde uitdraf.

Dit volg nadat Sergeal Petersen weens sy besering nie oorweeg is nie.

Petersen se terugkeer verlede week teen die Chiefs was van korte duur. Hy het las van ’n sist op sy dyspier, wat Vrydag vir ’n tweede keer dreineer word.

Die Cheetahs se breier Franco Smith het verras deur die veelsydige William Small-Smith op regtervleuel in Petersen se plek te kies.

Die ander spelers wat reeds vir Peterson moes instaan is, die skrumskakel Zee Mkhabela, JW Jonker, Rayno Benjamin en senter Nico Lee.

Small-Smith het intussen herstel nadat hy sy hand in die voorseisoen gebreek het. Sy eerste wedstryd was twee weke gelede toe hy vir die Vrystaat XV-tal teen die Junior Bokkies in Bloemfontein gespeel het.

“Hy het al baie op vleuel gespeel, maar weens beserings is ons weer genoodsaak om ’n speler uit posisie te speel. Dit gaan maar oor wat die beste vir die span is en hy verdien ’n kans. Dis nou sy geleentheid,” sê Smith.

Dit gaan maar oor wat die beste vir die span is en hy verdien ’n kans. Dis nou sy geleentheid.
Franco Smith

Die is die enigste verandering in die agterlyn.

Die enigste verandering in die agttal is Charles Marais se herinsluiting in die plek van Ox Nche op stut.

Nche is ’n plaasvervanger nadat hy in die wedstryd teen die Chiefs ’n harde stap op die bobeen gekry het.

Die Springbok-flank Oupa Mohoje kon wel oorweeg word na die rugbesering wat hy in die vorige wedstryd teen die Chiefs opgedoen het.

Mohoje het twee drieë in die eerste wedstryd teen die Bulle gedruk.

Nog goeie nuus vir die Cheetahs is dat Springbok-flank Uzair Cassiem sy langverwagte terugkeer tot Superrugby gaan maak na hy in die vorige kragmeting teen die Bulle sy knie beseer het.

“Dit was ’n moeilike besluit of ons vir Oupa of Uzair in die beginspan moet kies. Oupa het seergekry, maar hy het goed herstel en daarby het hy goed gespeel. Ons moes ook kyk na watter speler se besering die grootste was.

Ek wou hom nie sommer net ingooi en verwag dat hy speel soos hy in sy laaste wedstryd nie.
Franco Smith

“Vir Uzair gaan die intensiteit van die wedstryd hoog wees sedert hy laas gespeel het. Ek wou hom nie sommer net ingooi en verwag dat hy speel soos hy in sy laaste wedstryd nie,” sê Smith.

Die Cheetahs het ses voorspelers op die plaasvervangersbank.

Cheetahs: Clayton Blommetjies, William Small-Smith, Francois Venter (k), Nico Lee, Raymond Rhule, Niel Marais, Shaun Venter, Henco Venter, Oupa Mohoje, Paul Schoeman, Carl Wegner, Armandt Koster, Aranos Coetzee, Torsten van Jaarsveld, Charles Marais. PLAASVERVANGERS: Elandré Huggett, Ox Nche, Tom Botha, Francois Uys, Niell Jordaan, Uzair Cassiem, Tian Meyer, Fred Zeilinga.

Meer oor:  Franco Smith
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.