Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Cheetahs pak Stormers in Zim
Francois Uys sal hom volgende jaar by die Cheetahs aansluit sodra sy verpligtinge in Japan afgehandel is.Foto: Gallo Images

Die Cheetahs sal hul tande vir aanstaande jaar se Superrugby-reeks met opwarmwedstryde teen twee Suid-Afrikaanse aartsvyande slyp.

Netwerk24 verneem die Cheetahs en Stormers sal in Harare, Zimbabwe, kragte meet, terwyl hulle ook die Haaie in Durban sal aanvat.

Die Cheetahs het die Bulle voor vanjaar se kompetisie in Harare geklop, terwyl hulle ook in ’n tweede oefenwedstryd met die Southern Kings in Port Elizabeth afgereken het.

Die Cheetahs se vergrote oefengroep van 53 spelers het intussen vandeesweek in die Rosestad saamgetrek vir ’n oefenkamp van twee weke.

Die span se hulpafrigters, Corniel van Zyl, Daan Human, Charl Strydom en Quinton Kruger, asook die o.21-afrigter, MJ Smith, het vandeesweek in die afwesigheid van die hoofafrigter, Franco Smith (op toer saam met die Springbokke), die groep laat sweet.

“Ons het die afgelope week op kondisionering gefokus en gaan volgende week voort daarmee. Sodra Franco terug is, sal ons met veldsessies begin,” het MJ Smith gesê.

Met die uitsondering van Conraad van Vuuren (Bulle) is die hele groep wat in die Curriebeker-eindstryd gespeel het, deel van die oefengroep.

Die Springbok-slot Lood de Jager het hom intussen ook by die Bulle aangesluit, terwyl die losvoorspeler Willie Britz se kontrak nie hernieu is nie.

Die heelagter Clayton Blommetjies, wat saam met die Barbarians getoer het, sluit Maandag by die oefengroep aan.

Die vier spelers saam met die Bokke in Europa – Francois Venter (senter), Oupa Mohoje (flank), Sergeal Petersen (vleuel) en Uzair Cassiem (flank) – sal later betrek word.

’n Voormalige kaptein van die Cheetahs, die slot Francois Uys, sal hom vroeg volgende jaar van sy Japanse klub, Yokogawa, by die groep aansluit.

* Die Cheetahs se groep is:

Voorspelers: Justin Basson, Tom Botha, Tienie Burger, Uzair Cassiem, Aranos Coetzee, Luan de Bruin, Edrich de Jager, Jacques du Toit, Joseph Dweba, Elandré Huggett, Reniel Hugo, Gunther Janse van Vuuren, Niell Jordaan, Armandt Koster, Hilton Lobberts, Charles Marais, Steven Meiring, Danie Mienie, Oupa Mohoje, Ox Nche, Gerhard Olivier, Junior Pokomela, Boom Prinsloo, Fiffy Rampeta, Tier Schoeman, Francois Uys, Torsten van Jaarsveld, Henco Venter, Reinach Venter, Ntokozo Vidima, Dennis Visser, Carl Wegner, Jasper Wiese.

Agterspelers: Rayno Benjamin, Clayton Blommetjies, Maphutha Dolo, Ryno Eksteen, Nico Lee, Mosolwa Mafuma, Niel Marais, Tian Meyer, Ali Mgijima, Zee Mkhabela, Sergeal Petersen, Raymond Rhule, William Small-Smith, JP Smith, Clinton Swart, Michael van der Spuy, Francois Venter, Shaun Venter, Fred Zeilinga, Lihleli Xoli.

Meer oor:  Harare  |  Haaie  |  Stormers  |  Cheetahs  |  Zimbabwe  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.