Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Cheetahs torring nie aan wenspan

Bestendigheid was die wagwoord met die kies van die Vrystaat-Cheetahs se span vir Vrydagaand se Superrugby Unlocked-stryd teen die Bulle in Bloemfontein.

Die Bulle sal waarskynlik alles in hul vermoë doen om Frans Steyn Vrydag in toom te probeer hou. Foto: Gallo Images

Die span wat die Pumas verlede week tot oorgawe gedwing het in die eerste helfte sal weer opdraf in ’n poging om voort te bou op die momentum van hul eerste wedstryd van die plaaslike reeks.

Die enigste versandering is op die plaasvervangersbank gemaak, waar die haker Jacques du Toit – wat by die Southern Kings geleen word – sy terugkeer tot die Cheetah-span maak. Hy vervang die Namibiese Wêreldbeker-haker Louis van der Westhuizen.

Die heelagter Clayton Blommetjies draf Vrydag in sy 100ste wedstryd vir die Cheetahs uit.

Corniel van Zyl, die Cheetahs se voorspeler-afrigter wat ingestaan het vir Hawies Fourie tydens Woensdag se mediakonferensie, sê dié week se spankeuse was maklik.

“Ná die inperking soek ons maar bestendigheid. Die spelers moet gewoond raak aan mekaar en dan ook om die wedstrydsituasie te hanteer. Ná verlede naweek se eerste helfte, waarin ons mooi gespeel het, was dit eintlik ’n maklike besluit om die span dieselfde te hou.

Teen die Bulle sal ons daai eerste helfte teen die Pumas twee keer moet herhaal.
Corniel van Zyl

“In terme van die verandering is dit net Jacques wat in kom vir Chucky (Van der Westhuizen) as die plaasvervanger-haker. Dit was ’n moeilike besluit, want Chucky het nie baie verkeerd gedoen nie. Ons het net gevoel vir hierdie wedstryd is Jacques dalk die beter opsie,” sê Van Zyl.

Hy sê hulle staal hulle vir ’n baie fisieke aanslag van die Bulle en dat daar tog afdelings van hul spel is waar hulle sal moet verbeter as hulle die span van Pretoria wil klop.

“Teen die Bulle sal ons daai eerste helfte teen die Pumas twee keer moet herhaal. Die Bulle bied ander uitdagings en dis altyd ’n lekker fisieke wedstryd.

“Ek is vas oortuig as die voorspelers die grondslag kan lê en vir die agterspelers goeie balbesit gee, kan ons die ding doen.”

So gepraat van agterspelers, die Bulle sal waarskynlik alles in hul vermoë doen om die Cheetahs se Springbok-senter, Frans Steyn, in sy spore te stuit, of dalk selfs uit te sonder in Vrydag se kragmeting.

“Hulle sal seker maar hulle planne maak hoewel dit moeilik is om te sê wat dit gaan wees. Dit hang ook af wie hulle kies op 12, ons sal dit maar moet wag ek sien. Ek dink hulle gaan beslis ’n plan vir Frans hê, want hy hardloop sterk met die bal.

“Hy is belangrik in die span, op die aanval en op verdediging. Of hulle hom gaan teiken weet ek nie,” sê hy.

Vrydag se wedstryd in Bloemfontein begin om 19:00.

Vrystaat-Cheetahs: Clayton Blommetjies, Malcolm Jaer, Benhard Janse van Rensburg, Frans Steyn, Rosko Specman, Tian Schoeman, Ruan Pienaar (k), Jasper Wiese, Junior Pokomela, Andisa Ntsila, Walt Steenkamp, Carl Wegner, Luan de Bruin, Reinach Venter, Charles Marais. PLAASVERVANGERS: Jacques du Toit, Boan Venter, Erich de Jager, JP du Preez, Aidon Davis, Chris Massyn, Tian Meyer, William Small-Smith.
Meer oor:  Superrugby Unlocked  |  Bulle  |  Vrystaat-Cheetahs  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.