Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
SuperRugby
Chiefs se afrigter bedank onverwags

Colin Cooper, afrigter van die Chiefs, het ’n jaar voor die verstryking van sy kontrak onverwags bedank.

Colin Cooper sal nie volgende jaar weer die Chiefs afrig nie.Foto: Getty Images

“Ons is dankbaar vir Coops se uitstaande leierskap en afrigting,” het Michael Collins, die Chiefs se uitvoerende hoof, in ’n nuusverklaring gesê.

“Hy is ’n trotse man wat hoë eise stel in terme van persoonlike standaarde en gedrag – op én af van die veld. Ons is baie trots op die kultuur wat hy gevestig en span-omgewing wat hy geskep het. Hy kan trots wees op wat hy vermag het.”

Volgens Steve Tew, uitvoerende hoof van Nieu-Seeland Rugby (NZR), was die begin van die volgende Wêreldbeker-siklus aanstaande jaar ’n faktor in die 60-jarige Cooper se besluit.

“Volgende jaar sal baie spelers kom en gaan, soos wat gebruiklik die jaar ná ’n WB-toernooi die geval is,” sê Tew.

NZR lewer insette in die aanstelling van Superrugby-afrigters.

“Met dít in gedagte het beide Colin en die klub oor etlike weke gesels en tot die slotsom gekom dat dit die beste vir die Chiefs sal wees om ’n nuwe afrigter vir 2020 en daarna te kry,” sê Tew.

Cooper was agt seisoene aan die spits van die Hurricanes voordat hy Dave Rennie in 2018 as die Chiefs se afrigter opgevolg het.

Die Chiefs het in 2018 en 2019 in die kwarteindronde van die Superreeks verloor. Albei kragmetings was naelbyt-wedstryde.

“Die rol van hoofafrigter het die afgelope vyf of ses jaar baie verander. My passie is om op die veld af te rig, maar met al hoe meer afrigtingspersoneel deesdae, word ek toenemend van my passie ontneem,” het Cooper gesê.

– Reuters

Meer oor:  Superrugby  |  Colin Cooper  |  Chiefs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.